Met sy treffer Brannewynlippe het hy sy loopbaan by Platinum Musiek, ’n filiaal van Select Musiek, afgeskop.
Nou is die sanger Wikus Botma terug en hy wys sy veelsydige kant in sy derde enkelsnit, Blou.
Hierdie enkelsnit ontsluit daardie eerste-keer-stadige-dans-met-jou-liefling-by-‘n-garage-partytjie-energie.
Dis ’n ongelooflike kragballade. Net betyds vir romantiese winterkaggelaande. Blou is selfversekerd en meesterlik vervaardig.
