Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Frans Karoo se debuut-snit is soos ‘warm mieliepap met chakalaka’!

Redaksiespan15 Junie 2022
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Andre Badenhorst

Frans Karoo stel sy debuut snit ‘O God’ vandag, 15 Junie, vry deur Gallo Record Company en dis ’n snit wat almal net moet hoor!

Gerard Rudolph, vat ’n virtual ‘pen tot papier’ en delf in die ongelooflike vrystelling:

Ek luister na O God, Frans Karoo se single op repeat terwyl ek hier skryf. En ek dink: Fok Frans Karoo. 

Hy is die kunstenaar wie ek nog altyd wou wees; digter, musikant, sanger, skrywer, swerwer, fotograaf, filmmaker, denker én ’n bonafide rock star. Hy is cool sonder om te probeer cool wees, kan ’n hoed en ’n suit af-pull soos niemand anders nie. Hy het ’n tattoo op sy gesig, FFS!

Die wat weet ken Frans Karoo van bands soos Jet Black Camaro en Gunshot Blue. Maar dis geskiedenis. Kom ons fokus op die hier en nou:

O God is Frans Karoo se debuut single in Afrikaans. Dis moeilik om nie verlief te raak daarop nie. Frans se stem is lui, asof hy nie wil sing nie, maar eerder wil praat, amper asof hy Bob Dylan channel en musiek wat my aan Mott The Hoople laat dink (daar verloor ek nou die millennials). Maar dis geensins uit die oudedoos nie.

O God is warm mieliepap met chakalaka – eenvoudig maar met ’n edge, soos goeie rock ’n roll is, en nog altyd was. Dis musiek vir roadtrips. Dis musiek wat jou dwing om te luister na die lirieke terwyl jou voet die maat hou op die mat. Maar jy moet mooi luister. Al klink die liedjie met die eerste luister heel onskuldig, self up-beat, kom jy gou agter dat dit eintlik ’n donker siel het.

O God is ’n lament, ’n rock ’n roll gebed vir die onsigbare manne en vroue in ons samelewing wat in ons myne swoeg en ons vloere skrop.  Dit gaan oor ons kunstenaars wat hulle alles gee en steeds nêrens kom nie. Daar word oor en oor gevra: “Is daar iemand wat die arm man se gebede hoor?” Frans Karoo gee nie ’n antwoord hierop nie. Wat hy wel vir ons gee is ’n bitter pilletjie toegedraai in ’n meesterlike liedjie, ’n hele wêreld in net meer as 3 minute.

En as jy nog nie oortuig is dat Frans Karoo een van ons volkie se mees oorspronklike en unieke kunstenaars is nie, check die video wat Frans Karoo self gemaak het en jy sal verstaan hoekom ek so donners jaloers is.

Kyk na die lirieke video vir ‘O God’ hier: 

Is daar iemand wat die arm man se gebede hoor? Ek sal nie weet nie. Maar ek hoor Frans Karoo. Loud and clear. En ek sê: AMEN en AWEH!

  • Stroom of laai ‘O God’ HIER af!
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.