Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Kirky van Kirkwood is ’n opwindende nuwe stem in die Afrikaanse musiekbedryf

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

FOTO: Go2 Content

Kirky van Kirkwood (Christine Swart) en haar familie boer met sitrus in Kirkwood. “Ek wou nog altyd boer, buite wees of iets in die natuur doen. Ek was as kind maar ’n bietjie van ’n tomboy. Visvang en motorfietsry was heel bo aan die lys in daardie jare,” het sy gesê.

Kirky het dit al op skool geniet om liedjies te skryf en het op ’n stadium ’n paar van haar vriende omgepraat om ’n band te begin. “Dit het nie lank gehou nie, maar dit het my definitief groot drome laat droom.”

Na skool het Kirky onderwys in Wellington gaan studeer. Nadat sy haar studies voltooi het, het sy besef dat dit nie is wat sy eintlik wil doen nie. Die tyd wat sy in Wellington spandeer het was wel op ’n ander manier die regte paadjie want dit is daar waar sy meer musiek begin maak het en gereeld saam met vriende om ’n vuur gesit en sing en kitaar speel het. “Die smiles en happiness op almal se gesigte terwyl hulle van hulle gunsteling liedjies hoor het my so ’n lekker warm gevoel van binne gegee. Ek het toe weer ’n bietjie oor ’n moontlike sangloopbaan begin droom…”

Terug by die huis het Kirky werk gekry op ’n nabygeleë plaas waar sy ’n klein stukkie sitrus kon bestuur. Sy vertel: “Teen die tyd wat lockdown begin het, het ek al 3 jaar gewerk. Hierdie afsonderings-periode was vir my ’n goeie tyd. Dit het my ’n kans gegee om meer kreatief te raak en dit was so inspirerend. Die drastiese gevolg was dat ek uit my werk bedank het. Ek het geen antwoorde gehad nie. Dit was maar ’n leap of faith. Wat ek wel geweet het is dat daar vir my ’n doel voor oë was en dit was om ware geluk te vind. Stap een was dat ek begin skryf het oor letterlik alles wat ek tot dusver in my 27 jaar op die aarde ervaar het. Goed, sleg, mooi en lelik. Ses maande later het ek met ’n sakkie vol liedjies gesit. Stap 2 was om uit te reik na iemand in die bedryf wat kan help. Ek was ongelooflik opgewonde toe Loki Rothman ingestem het om betrokke te wees en ons het kort daarna begin om die liedjies te verwerk en op te neem. 

Dit het ’n hele rukkie gevat om by die liedjie uit te kom wat ek eerste wil uitreik. Daar is so baie! Ek en Loki het onder andere ook ’n paar gesprekke gehad oor wie ek is, wat my uitkyk op die lewe is en hoe ek dinge doen. Hy kom toe met die voorstel, net een lyn – Wie sê ’n vrou kan nie boer nie. Dit was dit.”

Hierdie liedjie beteken vir my soveel meer as net “Wie sê ’n vrou kan nie boer nie.” Ja in my situasie is dit ’n realiteit, maar ek voel ook dat ander vroue wat nie noodwendig boer nie dit as figuurlik moet opneem. Jy as vrou moet kan doen wat jy wil. “Boer” kan enige iets voorstel. Wie sê ’n vrou kan nie die skoolhoof wees nie? Wie sê ’n vrou kan nie ’n multi-miljoenêr besigheid bestuur nie? Glo in jouself en moenie dat die wêreld se verwagting van jou as vrou, jou van jou drome afskrik nie.”

Die video van Wie sê ’n vrou kan nie boer nie is deur Jaco Nothnagel van Go2 Content en sy span op die plaas Habata naby Robertson verfilm. Kirky vertel: “Ons wou graag deur die video wys dat dit moontlik is vir ’n vrou om ’n wye verskeidenheid van skoene in die samelewing vol te staan. Sy kan gaan van hard werk op die plaas na opdollie en mense onthaal. Jaco en sy span het my verwagtinge heeltemal oortref.  Ek sal dit ook altyd onthou. Dit was my eerste keer voor die kamera! Ek kan nie wag om die liedjie en video met almal te deel nie!”

  • Stoom die liedjie nou op verskeie digitale stoomdienste hier. 

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.