Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Simoné Roets se nuwe liedjie, video is vir die wat verlang na geliefdes in die ‘buiteland’

Redaksiespan5 Mei 2022
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Foxline Productions

“Verhoudings oor ’n afstand is soms bittersoet. Aan die eenkant is daar die avontuur en groei wat gebeur wanneer jy ver is van alles wat vir jou bekend is. Dít saam met die kort kuiers wat baie spesiaal is juis omdat jy weet julle het min tyd saam. Aan die anderkant die ‘bitter’ – om die groot en klein oomblikke van mekaar te mis en ook om te groet na elke kuier,” sê die sanger en liedjieskrywer, Simoné Roets, oor die inspirasie agter haar nuutste enkelsnit.

Om Elke Hoek en Draai lê haar baie na aan die hart, omdat sy en haar ma dit saam geskryf het. Dit gaan oor families of geliefdes wat ver van mekaar af bly, en daardie oomblikke van verlange wanneer ’n mens nie fisies bymekaar kan wees nie.

Hierdie hartroerende kontemporêre lied is deur Jattie de Beer van Artistry Productions vervaardig en sal jou, net soos haar vorige vrystellings, hoendervleis gee elke keer wanneer jy dit hoor.

Volgens die musikant, wat onlangs teruggekeer het na Suid-Afrika nadat sy lank oorsee gewoon het, sal dié snit aanklank vind by ’n wye gehoor: “Ons storie is ook baie ander mense se storie, so ek glo luisteraars sal kan vereenselwig met die liedjie.”

’n Treffende musiekvideo van die snit is ook pas vrygestel. Adi van der Walt het die video, wat bestaan uit ’n emosiebelaaide kombinasie van persoonlike selfoonvideo’s en tonele wat in die ateljee vasgevang is, vervaardig.

“Die video vertel ons storie en wys iets van my verhouding met my gesin oor die laaste vyf jaar: die duisende Facetime-oproepe, stemnotas, asook die kort kuiers saam. Ek wou dit ’n bietjie meer persoonlik maak, sodat mense iets kan sien van myself as mens en kunstenaar,” verduidelik sy.

Kyk die musiekvideo hier: 

Om Elke Hoek en Draai volg in die voetspore van Dans in die Donker en Ongerep (saam met Joshua na die Reën) wat baie goed ontvang is en gereeld oor die radio gehoor kan word.

Simoné het in Nelspruit groot geword en het eers op universiteit haar passie vir musiek ontdek. Sedertdien het sy ’n kortspeelplaat en verskeie ander Engelse liedjies uitgereik en was sy ook betrokke by die Hillsong City Campus in Brisbane, Australië, waar sy vir lank gewoon het.

Sy is baie opgewonde om terug te wees in haar geboorteland en is tans besig om haar eerste Afrikaanse album, wat binnekort beskikbaar sal wees, te finaliseer.

Om Elke Hoek en Draai sal diegene bemoedig wat verlang wanneer hulle ver van hulle geliefdes af is.

Dit nou beskikbaar op alle digitale platforms. Laai dit hier af.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.