Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Esté Gross, Hemelbesem en die UP Youth Choir snoer kragte!

Redaksiespan12 April 2022
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Wanneer die lewe en die omstandighede van die wêreld jou oorweldig, moet jy nie moed verloor nie. Jy moet net aanhou loop, en aanhou glo want ons sal saam as ’n nasie deur die storm kom.  

Dit is die boodskap wat  (in samewerking met die ATKV) graag dié Paasfees wil oordra met hulle treffende nuwe enkelsnit, Deur die Storm, wat verlede week vrygestel het.

Volgens Gross, ’n bekende omroeper, nuusleser en sangeres, gaan hierdie Christelike kontemporêre popsnit oor eenheid en het sy dit geskryf as terapie toe sy self deur ’n stormagtige tyd gegaan het.

“Al woed daar soms storms binne in ons, moet ons mekaar ondersteun en in vreugde saam die lewenspad aanhou loop,” deel sy. “ Ek het die  liedjie geskryf met die idee om ‘n eg Suid-Afrikaanse liedjie in Afrikaans te skep en ‘n wye verskeidenheid van musikale invloede in te sluit. Ek het die gewilde kletsrymer, Hemelbesem, die internasionaal bekroonde, UP Youth Choir en puik vervaardiger, Gideon Botes, betrek om sodoende Afrika-gesange, kletsrym en pop op ’n unieke manier te kombineer. Die aanvanklike snit was heelwat stadiger, maar ek het geweet dat die wysie aansteeklik is en die finale produk, met almal se insette, nooi jou uit om te dans.”

Om hierdie besonderse projek te laat realiseer, het hulle borge nodig gehad en was Esté bevoorreg genoeg om die ATKV aan boord te kry. “Dit is vir ons almal ’n groot eer om saam met die ATKV te werk. Oor die jare, het hulle so baie gedoen om Afrikaans te bevorder en ek voel bevoorreg dat hulle bankvas agter dié projek staan. Sonder hulle sou dit nie moontlik gewees het nie.”   

Die musiekiekvideo, wat deur Common Ground Collective vervaardig is, beklemtoon die boodskap van eenheid verder, deur van baie kleur, ritme en beweging gebruik te maak. Die video is by 012 Central in Pretoria se middestad verfilm, wat as die perfekte moderne, industriële agtergrond gedien het om ’n speelse en opbouende gevoel te skep.  

“Daar is soveel ernstige en negatiewe dinge in ons wêreld, so ons wou in sterk kontras daarmee ’n opbeurende, mooi en positiewe boodskap van hoop uitbeeld,” verduidelik Esté.

Kyk die musiekvideo hier:

Deur die Storm sal vir die eerste keer opgevoer word wanneer Gross en Hemelbesem op 9 April 2022, as gaskunstenaars, saam met die UP Youth Choir optree as deel van die Easter Celebration-konsert wat deur dié koor aangebied word.

Dit vind om 19:00 plaas by die ZK Matthews-saal by Unisa en is ’n Paasfeesviering oor die verskil wat musiek in Suid-Afrikaanse jeug se lewens maak.

“Ek hoop dat ons met hierdie projek ’n klein bydrae kon maak om die boodskap van eenheid, deur middel van taal en musiek, te bevorder,” sê Gross.

Kaartjies kos R100 per persoon en is beskikbaar op www.quicket.com.

Deur die Storm is ’n eg Suid-Afrikaanse liedjie, wat aanklank vind by ’n diverse gehoor en hoop gee vir diegene wat eensaam voel in die onstuimige omstandighede van die lewe.

  • Die enkelsnit is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit hier op Apple Music en hier op Spotify. 
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.