Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Wouter van de Venter ‘val nie maklik’ met nuwe duet

Redaksiespan22 Maart 2022
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die sanger Wouter van de Venter se loopbaan het al verskeie hoogtepunte opgelewer. Hy is bekend as ’n gerekende musikant, ’n gesoute liedjieskrywer en ’n mentor vir vele Afrikaanse liedjieskrywers. Maar selfs ’n reus in die bedryf soos Wouter, was hy nie voorbereid op wat 2020 sou oplewer nie. Sy nuutse enkelsnit, Ek Val is ’n tipe opsomming van die lesse wat hy tydens dié onsekere tye geleer het.

Maart 2020 was die begin van moeilike tye vir almal en het musikante se lewens onherroeplik verander. Niemand kon werk nie. ’n Inperking wat slegs 21 dae lank sou wees het bykans twee jaar lank voortgeduur. “Onkostes het nie minder geraak nie,” het Wouter vertel. “Skool gelde het nie minder geraak nie, kos het nie goedkoper geraak nie. Ek het eerlikwaar nie meer geweet watse kant toe nie. Maar ek was nie alleen nie.”

Meeste musikante was skielik afhanklik van aanlyn vertonings en donasies. “Ek was bang. Dit was toe al winter. Ek was toe al klaar agter met al die betalings en toe is dit nog load shedding ook. Ek moes struggle vir sigarette en struggle vir ’n ou doppie. So jy is nugter en in jou moer in.” skerts Wouter.

Dit is toe wat hy weer begin kontak maak het met van sy ou kollegas. Al die vriende het mekaar moed ingepraat, opgebeur en probeer ondersteun. Vandaar het Wouter inspirasie vir Ek Val gevind. 

Wouter het sy goeie vriend Jahn Beukes gekontak om met die verwerking te help en toe hy die snare hoor, het hy vir sy vrou Anita vertel dat dit ’n duet moet wees. Anita was seker dat daar net een persoon kon wees en dit was Nianell. 

Wouter het besluit om sy vriende die musikante Clinton Wairing en Leon Ecroignard ook te betrek. Wouter en Sonia (Nianell) het as studente al saam begin optree en hy Clinton, Leon en Jahn Beukus het vir so vyf jaar saam met Laurika Rauch gespeel. Hy en Leon het ’n verdere vyf jaar met die groep Ses Snare as stigters lede getoer.

“Dit was ’n soort reünie en dit was heerlik om weer deel te wees van mekaar se lewens. Dit was ook lekker om mekaar weer te sien en te gesels oor die ou dae. En om te braai. So ja, die liedjie is iets heeltemal anders as wat ek gewoonlik doen,” deel Wouter.

Wouter dra die liedjie op aan sy vrou Anita wie hom deur die moeilike tyd gedra het en hy hoop dat lied sal luisteraars ook moed gee wanneer dinge moeilik begin raak, want ons val nie maklik nie.

“Ek val nie maklik nie, maar as ek val, val ek slegs vir my vrou, familie en my vriende. Hulle is die mense wat my vang. Jy is nie alleen nie, jou probleme is ook nie uniek nie. Skop wal in die mense naby jou se harte en jy sal fine wees,” het Wouter afgesluit.

Kyk die musiekvideo hier: 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.