Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Spoegwolf stel eerste enkelsnit vanaf negende album bekend

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

FOTO: Verskaf

Voor die vrystelling van hul 9de album, bederf Spoegwolf aanhangers vandag met die eerste enkelsnit vanaf die album, getiteld Bring My Geweer. Hul nuwe album, Droombrief word in die nabye toekoms vrygestel.

Bring My Geweer is in 2022 geskryf en is geïnspireer deur ’n mengsel van persoonlike gevoelens en fiksie. Die storielyn van die enkelsnit draai rondom ’n ou man op sy sterfbed, en aanhangers kan uitsien na ’n donker, vinnige, dog ligte en stadige aanbieding van die groep. Die enkelsnit, soos die album, is weereens deur die groep self en Jurgen Von Wechmar by Sunset Recording Studios vervaardig.

“Donkerte is iets wat ons almal in ons het. Ons het daarin geslaag om dit terug te hou, tot nou toe. Nadat ons sopas ’n dekade van Spoegwolf gevier het, het ons nou die selfvertroue om meer onsself te wees,” sê Danie.

Die enkelsnit is gekies as die eerste aanbieding vanaf die nuwe album omdat dit die liedjie is wat die beste al die temas op die nuwe album weerspieël. Dit bevat al die elemente wat die groep graag in hul musiek gebruik – harmonieë, donker stories, groot kitare en ware musiek.

“Ons hoop dat mense identifiseer met ons strewe na regte musiek en regte kuns, en hulle kan uitsien na ’n nuwe en verbeterde Spoegwolf.”

Die musiekvideo vir die enkelsnit is deur Hugo Brand geskiet en sien hoe die groep in ’n groot vertrek lekker kuier en harde musiek maak. “Dit wys jou wie ons is. Na 10 jaar is daar nie veel oor nie. Net musiek.”

Kyk die musiekvideo hier: 

  • Spoegwolf se nuwe album, Droombrief word op Woensdag, 23 Maart uitgereik. Aanhangers kan die album vanaf vandag – Dinsdag, 22 Maart 2022 vooraf stoor.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.