Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Irene-Louise van Wyk is terug en sy ‘maak ’n plan’!

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

FOTO: Verskaf

Sy het die land warm gesing met haar treffer Tekkies Brand en nou is sy terug met ’n ‘plan’. Irene-Louise van Wyk se nuutste oorwurm Maak ’n Plan is gerat om enige dansvloer daai ekstra woema te gee.

Musiek is Irene-Louise se tweede taal met haar ma, die sangeres wyle Irene van Wyk en haar pa Louis van Wyk, die bekende musiekpromotor. 

Maak ’n Plan volg in die suksesvolle voetspore van liedjies soos Vergeet Van My, Sjampanje, Hou jou hande van my lyf af, My Volgende Fout, Kuierleier en Tekkies Brand. Laasgenoemde het sedert Augustus 2021 op die nommer een posisie op Apple Music geboer en meer as 2.4 miljoen trefslae op YouTube geniet. Op TikTok het meer as 4 miljoen mense reeds na video’s met die klankgreep gekyk.  

Kyk die musiekvideo van Maak ’n Plan hier: 

Irene-Louise het ook twee splinternuwe treffers, een saam met Jay getiteld My Volgende Fout, wat reeds binne vyf dae na die 3de plek op Apple Music gespring het. Sy het ook nog ’n lekker kuier en dans treffer getiteld KuierLeier, wat ook op alle digitale platforms beskikbaar is.

Irene spog ook met vier Afrikaans is Groot-toekennings, drie goue status toeninnings vir die musiekvideo van Hou Jou Hande van my Lyf af, die liedjie My Volgende Fout saam Jay en die musiekvideo vir Tekkies Brand. En dan natuurlik een platinum toekenning vir Tekkies Brand.

Irene-Louise is ook in 2018 vir twee Ghoema-toekennings benoem, naamlik publiek se gunsteling vroulike kunstenaar en beste popalbum deur ’n vroulike kunstenaar. 

Sy hou egter haar voete plat op die aarde en vertel dat die musiekbedryf haar geleer het om nederig  te bly en dat jy die vrugte sal pluk as jy hard werk.

  • Irene-Louise is ook die eienaar van besighede, RINX, ’n klerereeks en vroulike behoeftighede. Klik hier om meer van die onderneming te sien. 
  • Klik hier om Irene-Louise op sosiale media te vind. 
  • Maak ’n Plan is nou op alle digitale stroomdienste beskikbaar.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.