FOTO: Verskaf
In 2017 het Elandré die musiekbedryf gestormloop met sy debuut-album, Kleindorp-Dromer. Dit weg gebaan na vele suksesvolle albums en liedjies…
Kleindorp-Dromer het binne slegs ses weke goue status bereik en in 2019 platinum status.
Elandré se baritonstem het ’n eensoortige, aangrypende diepte terwyl hy ook met tye soomloos sy hoër register verken moeiteloos gemeng met, rock, country, blues en hoekgedrewe-pop.
LEES OOK: ’n Tweedekadelange droom ’n werklikheid vir Elandré
Groot treffers op Kleindorp-Dromer sluit in Die Lyn, Tougher Than The Rest en Your Man wat ouwêreldse country klanke herroep. Die album bevat ook gunstelinge soos Afrikaans Sal Bly, Plek Sonder Naam, Honderd Duisend Maal, Stilte Voor Die Storm en Skadu’s Teen My Muur.
LEES OOK: Roerende oomblik toe sanger platekontrak oor die lug ontvang
Die lirieke vanuit sy pen getuig van ambisie en ’n waardering vir die tydlose. Kleindorp-Dromer stel Elandré se musikale veelsydigheid ten toon en laat geen twyfel oor waarom hy bekend staan as een van Afrikaans se gunstelinge.
Luister die album op Apple Music hier: