Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Jacques en Liezel moedig luisteraars aan om op te kyk na God in moeilike tye

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

FOTO: Verskaf

“Om in alle tye en omstandighede op te kyk na God en vas te hou aan waar ons hulp vandaan kom,” sê Jacques en Liezel oor die inspirasie en betekenis agter hulle nuwe enkelsnit, Vashou.

Volgens dié talentvolle duo, wat vanjaar vir vyf Afri-Indie Onafhanklike Musiektoekennings benoem is, is hierdie kontemporêre geestelike snit geskryf om vir luisteraars hoop te gee in moeilike tye.

LEES OOK: Nuwe duo, Jacques en Liezel, raak harte met eerste enkelsnit

“Ons is self deur diep waters gedurende inperking en het besef dat God die enigste anker is waaraan jy kan vashou in sulke tye,” deel hulle. “Daar is mense wat so baie verloor het in hierdie afgelope twee jaar. Maar ten spyte van wat die lewe na jou kant toe gooi, wil ons graag vir mense sê dat as jy vir God het, jy alles het wat nodig is.”

Hulle nuutste vrystelling is oudergewoonte deur Jattie de Beer van Artistry Productions vervaardig en word vergesel deur ’n pragtige musiekvideo wat die boodskap van die lied perfek vasvang.

Die video sal op 18 Maart 2022 vrygestel word. Dit is in KwaZulu-Natal verfilm deur Huntsman se Adriaan Venner Scheepers en die paar is dankbaar dat die natuurelemente saamgewerk het om die perfekte eindresultaat te skep.

Vashou volg in die voetspore van Uit My Hande en Wonder van Kersfees wat beide goed ontvang is en goed presteer het op treffersparades regoor die land.

LEES OOK: Jacques en Liezel se ‘Wonder van Kersfees’ betyds vir Kersfees

Luister die liedjie hier:

Sedert Jacques Schoeman en Liezel Marshall in November 2021 hulle debuut in die musiekbedryf gemaak het, het hulle nog net van krag-tot-krag gegaan.

Dié musiekpaar, wat op Facebook ontmoet het, is reeds volstoom aan die gang vir die jaar en beplan om binnekort hulle eerste Engelse country-liedjie vry te stel. Verder is hulle ook besig om hulle eie besigheid op die been te bring, nuwe liedjies te skryf en lewendige optredes te reël.

Buiten vir musiek, geniet Jacques dit om ou motors te restoureer, tyd saam met sy seuntjie te spandeer en om saam met sy vriende te braai.

Liezel was vir ’n paar jaar deel van die groep Onbeskaamd en het al ’n Ghoema-benoemde album op haar kerfstok. Wanneer sy nie musiek maak nie, hou sy van perdry en fotografie en kuier sy ook graag saam met vriende.

Vashou het begin as ’n gedig om hoop en moed te gee in moeilike omstandighede en het gegroei tot ’n volwaardige lied wat die potensiaal het om lewens te verander.

  • Vashou is beskikbaar op alle digitaleplatforms.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.