Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Gazelle en Synth Peter gee ‘Die Verlore Seun’ ’n 2022 ‘make-over’!

Redaksiespan8 Maart 2022
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die enigmatiese Gazelle het ons dertienjaar terug met sy magiese boere-electro betower. Die Verlore Seun, wat in 2009 vrygestel is, is ’n tong-in-die-kies weergawe van die Bybelse gelykenis, het vir ’n generasie van pre-sosiale media era plaaskinders die woorde gegee om hul ontdekkingslus te beskryf.

Dit het as’t ware ’n nie-amptelike volkskreet geraak. Asof dit voorbestem is het die verlore seun sowaar weer terug huis toe gekeur. Op die nuutste weergawe van die enkelsnit verskyn daar ’n nuwe frase “op die plaas wil ons raas”.

Kyk hier na die oorspronklike lied, Die Verlore Seun, wat in 2009 vrygestel is:

Gazelle moes tydens die inperkingsperiode as gevolg van reis verwante komplikasies sy stralejakker leefstyl prys gee en weer gaan aanklop by sy geboorte plaas in Limpopo. 

Hy het wel nie op sy louere gerus nie en maak toe kontak met die hedendaagse elektroniese dansmusiek wonderkind, Synth Peter. Saam het hulle Die Verlore Seun ’n 2022 make-over gegee. Die nuutste weergawe, Sorry Pappa, klink soos ’n plaasskuur wat uit sy nate bars. Bassbins, strobe lights, hooibale, khaki toerusting en gloeistokkies.

Die onverbiddelike bas-ritme besit die mag om jou basis chakra te bevry. Gazelle en Synth Peter het hul stedelike kennis terug gebring plaas toe en die kombinasie is ekstase. Die profesie is vervul.

Luister na die nuwe weergawe, Sorry Pappa, hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.