Neil Sandilands myn verder met tweede kortspeelplaat, ‘Die Groot Niks’

FOTO: Jacqui van Staden

Neil Sandilands is ooglopend uiters produktief. In 2021 het hy nie net twee reekse (Desert Rose & Die Groot Niks) verfilm nie, hy het ook een vollengte film (Wetiko) in Mexico geskiet en bevind homself tans in Auckland, Nieu-Seeland vir die verfilming van die Netflix-reeks, Sweet Tooth seisoen 2.  

KLIK HIER OM SANGOMA SANDILANDS TE STROOM

Boonop het hy in Mei 2021 ’n vollengte Afrikaanse album uitgereik (Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse – Maanskyn). Alhoewel dié album vanuit velerlei oorde kritiese lof toegesing is, was dit nie vir Sandilands genoeg nie. In November 2021 het hy ’n EP uitgereik getiteld Die Groot 5, ’n losstaande album met 5 snitte wat Afrikaans stewig in Afrika vestig. Steeds het hy verder gemyn… 

KLIK HIER OM DIE GROOT 5 TE STROOM

Nou, 4 Maart 2022 reik hy ’n tweede EP uit met die titel Die Groot Niks. Dit bevat snitte wat hy spesifiek gekomponeer het tydens die verfilming van die reeks met dieselfde titel, wat tans op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word. Mense wat bekend is met dié fantastiese reisprogram oor die Namibwoestyn, met Neil as aanbieder, sal die meermalig instrumentele snitte onmiddellik herken, asook die temalied. 

Sandilands het al die werke vir die ukelele komponeer en met die hulp van sy vervaardigings vennoot Theo Crous, verwerk na filmiese instrumentele snitte, nou aan jou bekend as Die Groot Niks. Sandilands vermeld weereens die gehalte musikante betrokke by hierdie produksie: Melissa van der Spuy (Trekklavier), Rayelle Goodman (Viool), Landi Degenaar (Banjo), Chris Bakalanga (Kitare & perkussie, stem) en Corneille Hutton wat die flamenco kitaar speel. Sandilands behartig stem en ukelele en was verantwoordelik vir komposisie en liriek.

Afrikaans is Groot en Coleske Group bring in samewerking met Neil Sandilands, sy nuutste uitreiking – Die Groot Niks. Nou op alle platforms beskikbaar.

KLIK HIER OM DIE GROOT NIKS TE STROOM