Mionette trek ’n nuwe baadjie vir Afrikaanse musiek aan

FOTO: Verskaf

Sy’t sopas haar skoolloopbaan klaar gemaak en nou tref sy die musiekbedryf soos ’n vars brisie. Mionette mag dalk nog jonk wees, maar met ’n grimeer- en stileerbesigheid en ’n groeiende Instagram-handelsmerk, is sy slaggereed om musiek as ’n loopbaan aan te pak. 

Panado Vir Die Pyn – haar debuut-enkelsnit, bewys dat sy nie net ’n mooi gesig is nie, maar ook ’n talentvolle sanger en liedjieskrywer sowel as ’n danser wat dit in haar unieke musiekvideo saam met die liedjie uitbeeld.

Dit is duidelik dat sy haarself ook vestig as ’n opkomende mode-ikoon – sy poog om nie net musiek nie, maar ook haar styl na die bedryf te bring. Terwyl sy vir Afrikaans ’n vars baadjie aantrek, is daar geen rede om nie verlief te raak op Mionette en haar musiek nie. 

Panado Vir Die Pyn sal jou van die eerste noot af gryp soos Mionette se glad-soos-satyn stemtoon in jou oorkanale ingly terwyl dit beweeg in ritmiese baslyne en “beat” as die koor inskop.

As jy die video kyk sal jy dit moeilik vind om weg te kyk soos wat sy ’n boeiende, stylvolle optrede lewer met choreografie uit die volgende vlak.

Kyk die musiekvideo vir Panado Vir Die Pyn hier: