Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Reggie Peace se nuwe enkelsnit sal jou voete laat jeuk

Redaksiespan3 Maart 2022
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

“Dit is ’n baie prettige liedjie, wat gemaak is om mense te laat dans,” sê Reggie Peace (Reginald Hufkie) oor die derde enkelsnit vanaf sy debuut-album, Nuwe Lewe. New Life.

Volgens dié talentvolle musikant, wat al meer as ’n dekade in die vermaakbedryf werk, gaan Is Jy NCA? oor ’n groep vriende wat hulle beste klere aantrek en saam uitgaan om die aand te geniet.

“Die dansvloer is aan die brand wanneer die groep by die kuierplek aankom. Soos gewoonlik lei dit tot ’n danskompetisie waaraan hulle deelneem,” vertel hy oor dié kletsrym-nommertjie wat deur DJ Darkness (Calvin Botha) vervaardig is. “Tydens die kompetisie, vang ’n meisie die hoofkarakter se oog, maar sy verdwyn ongelukkig kort daarna en hulle kuier verder.”

Die musiekvideo is in Linden in Johannesburg deur Wesley West verfilm en beeld die basiese storie uit wat deur die lirieke vertel word. Al verskil is dat dit Reggie en ’n groep dansers is wat uitgaan om in die strate te gaan dans. “My karakter probeer ’n meisie oorreed om hom ’n kans te gee. Sy sê eers nee, maar later verander sy van plan. Dit is ’n ‘fun’ storie om by die gevoel van die liedjie te pas,” verduidelik dié nege-en-twintig-jarige ster van Schauderville in Port Elizabeth.

Kyk die musiekvideo hier: 

Is Jy NCA? volg in die voetspore van enkelsnitte soos Frequency, Do It – Peacemaker, Hoekom?, Kos Op Die Tafel (KODT), All That Matters, Better, Move, The Struggle is Over én African Queen wat hy saam met ander musikante vrygestel het. 

Wanneer hy nie musiek maak nie, hou hy ook sy lyf akteur en was hy al te sien in verskeie bekende reekse, waaronder Generations: The Legacy (Luke), Die Spreeus en Huis Lelieveld (Spanner).

Hy is tans besig om te skiet aan ’n nuwe komediereeks wat in April op kykNET begin wys en werk ook aan sy eerste rolprentdraaiboek. Sy broer, Roman, wat ook in sy musiekvideo te sien is, gaan ook binnekort saam met hom in ’n fliek verskyn.

Reggie het nog altyd hard gewerk om bo sy moeilike omstandighede uit te styg en is dankbaar vir elkeen wat sy loopbaan ondersteun.

Is Jy NCA? is ’n moderne kletsrym-liedjie met ’n ritmiese aanslag, wat nog lank gaan koning kraai op die dansvloer.

  • Die liedjie is beskikbaar op sy album hier. 
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.