FOTO: Verskaf
Dirk van der Westhuizen is bekend vir sy kenmerkende klanke soos ’n bietjie boeremusiek tot ‘slap house beats’, heerlike sokkie mengsels tot iets wat die hart vinniger laat klop. En met sy nuwe album, Bietjie Lekkerder, is daar iets vir almal.
Hierdie is Dirk se sewende album en dié keer het hy besluit om homself nie te ernstig op te vat nie. “Met die nuwe album het ek soveel fun gehad en net besluit om nie alles te ernstig op te neem nie. Ek het net geskryf, oor alles. Nie te hard gedink nie en regtig my tyd gevat met elke song,” vertel Dirk.
Bietjie Lekkerder volg in die voetspore van sy vorige suksesvolle albums Uithak, Gooi jou suiker op my, Ons wil en ons kan, Sexy vi My, Stoom en Dirty 30’s.
“Met elke album voel dit of ek dan eers myself gevind het vir die eerste keer, en soos ek terugkyk besef ek dit is elke keer net ’n groei proses,” vertel Dirk.
Dié album is vanaf Vrydag, 4 Maart 2022 op stroomdienste beskikbaar en fisiese eksemplare kan nou op hier op Dirk se webblad bestel word. Voorafbestelde albums sal vanaf Maart maand gepos word.
