Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Zaan Sonnekus se nuwe enkelsnit ‘herinner aan wat regtig belangrik is in die lewe’

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

FOTO: Verskaf

Zaan Sonnekus het lankal reeds die kuns bemeester om betekenisvolle lirieke met unieke pop-rockklanke te verweef om ’n uitsonderlike eindresultaat te kry.

Die nuutste alternatiewe snit, uit sy eie arsenaal, is net weereens ’n bewys van hierdie donkerkop Pretorianer se uitsonderlike talent.

Volgens dié liedjieskrywer, met sy boeiende verhoogpersoonlikheid en kunstige versameling tatoes, gaan Krapmerke oor die stukkies van die mense in jou lewe wat in jou agterbly. “Daar is altyd ’n stukkie van iemand wat agterbly binne jou; of hulle nog met jou is of nie, is daar dele van die persoon wat jy aangeneem het. Ons almal vorm deel van mekaar en ons almal neem mekaar aan,” verduidelik hy.

’n Ontmoeting met ’n boemelaar was die inspirasie agter hierdie hoendervleismooi lied, wat deur Tertius Human van Coolerbox Records vervaardig is.

“Ons het gesels en ek het agtergekom dat ons ons baie eenders is, maar van verskillende wêrelde af kom. Daar was ’n deel van hom in my en van my in hom; ons stories was parallel aan mekaar, maar het verskillende karakters en milieu.”

Krapmerke is Zaan, wat in Bloemfontein grootgeword het, se vyfde (Ek Kan Net Bid, Hoog, Tiernerkwaad en Ten Minste Vir My) enkelsnit en vorm deel van sy album, Zonneblom, wat in 2021 vrygestel en vir hom ’n groot loopbaanhoogtepunt is in die ses jaar wat hy nou al in die musiekbedryf doenig is.

Wanneer hy nie besig is met musiek nie, is hy betrokke by Son Studios en Son Sound en is hy ook mede-eienaar van ’n besigheid, INNER INK, wat op industriële vlak verharde glas vervaardig en keramiek-drukwerk doen.

LEES OOK: Zaan Sonnekus dra debuut-album ‘Zonneblom’ aan sy ma op!

“Krapmerke het ’n vriendelike, nostalgiese klank met woorde wat dieper lê as wat die musiek is. Dit herinner my aan wat regtig belangrik is en ek hoop dat dit ’n verskil sal maak in elkeen se lewe wat daarna luister,” sluit hy af.  

  • Die liedjie is beskibaar op sy album, Zonneblom.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.