Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Fransien Scott se nuutste enkelsnit, Koninkryk van Beton, is gelaai met emosie

Redaksiespan26 Februarie 2022
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Om op te pak en die verlede agter te laat, is nie altyd maklik nie. Fransien Scott het egter geleer dat dit soms onafwendbaar is en dat jy dan moet deurdruk om heel aan die anderkant uit te kom. Dit is dan ook die boodskap wat sy met haar nuutste enkelsnit, Koninkryk van Beton, wil oordra.

“Ek het hierdie lied onlangs geskryf om my emosies van rondtrek oor die laaste twintig jaar in ’n neutedop te probeer vasvang,” verduidelik sy oor dié moderne popsnit uit haar eie pen.

Die liedjie spog met ’n pragtige meesleurende melodie, wat dadelik in jou kop sal vassteek en sal veral aanklank vind by luisteraars wat self al moes oppak en trek. “Ek hou daarvan om oor temas te skryf wat vir mense saak maak en hulle inspireer. Die proses om onsself los te maak van aardse goed, vriende en familie of om elders aan te pas is vir sommige mense makliker as vir ander en dit is hierdie emosie wat ek in die liedjie ondersoek.”

Soos met haar vorige enkelsnitte, spog hierdie een ook met ’n pragtige musiekvideo wat in die Algarve in Portugal verfilm is. “Ek wou graag simbole gebruik om fases van ons lewens te verteenwoordig. Speelgoed en bere is simbolies van ons kinderjare, die trofeë van ons prestasies en die rok van ons materiële besittings,” vertel sy. “Die video beskryf die proses waarin ons al hierdie dinge met ons saamdra in ’n kis wat ons agter ons aansleep. Uiteindelik word dit dan tyd om onsself los te maak van die verlede om vorentoe te kan beweeg… soos wat die karakter in die video doen wanneer sy ’n nuwe avontuur aanpak.” 

Kyk die musiekvideo hier: 

Koninkryk van Beton volg in die voetspore van haar vorige enkelsnitte, Staan Reg en Roei, wat baie goed ontvang is en speeltyd gekry het op verskeie radiostasies.

Fransien het in ’n musikale huis groot geword en het na skool as ’n onderwyser gewerk voordat sy en haar man oorsee is waar hulle steeds woon.

Sy werk tans as ’n eiendomsontwikkelaar en is besig met ’n opknappingsprojek aan ’n Portugese huis in die Algarve.

Verder skryf sy tussendeur aan nuwe musiek en reël sy vrouekampe vir behoeftige vroue deur middel van haar vrouebediening, KeeperSoul.

Koningkryk van Beton  is ’n vars moderne snit wat spesiaal geskryf is om diegene, wat op die drumpel van die volgende fase van hulle lewe staan, te inspireer.

  • Die liedjie is nou aanlyn beskikbaar. Kry dit hier.
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’
Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Ryk Kleinhans herinner luisteraars aan die krag van stil oomblikke

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.