FOTO: Verskaf
Eloff se eerste enkelsnit, Johnnie Blou, het weke geboer op die nommer een posisie op verskeie trefferparades. En nou is hy terug met sy nuwe enkelsnit Geheueverlies…
Eloff het ’n verstommende vaardigheid vir narratief. Sy liefde vir toneelspel dra verseker by tot sy liriese bekwaamheid.
LEES OOK: Eloff bring ’n unieke klank na die Afrikaanse musiektoneel
Met sy nuwe enkelsnit plaas jou klap en knal in die middel van die ekstra-kurrikulêre kant van studentelewe. Daai lang nagte, langer oggende daarna, en die partytjie georiënteerde deursettingsvermoë wat sprankelende jeug jou toedien.
Geheueverlies klop. Dit lees soos ’n montage en klink soos die bure gaan kla. Soos die huispartytjie as jou ouers weg is wat handuit ruk. Eloff vat die vakkel by die grootes voor hom en hardloop daarmee. Met sy neo-Sokkie baadjie en dans skoene aan is hy hier om die nuwe klankbaan vir jou jeugdigheid te bied.
- Geheueverlies is deur Eloff en Hugo Ludik en Nic Jordaan van Muse Studios vervaardig.
- Die liedjie is op alle digitale musiekplatforms beskikbaar.