Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Virseker Geesfees vier fees vir ‘beter gemoedere, om kinders te voed’

Redaksiespan21 Februarie 2022
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Virseker en Solidariteit Helpende Hand is besig om planne te beraam vir ʼn kunstefees om mense se gemoedere én kinders se honger magies te voed.

Die Virseker Geesfees gaan vanaf 18 tot 20 Maart 2022 by die Lekwena Wildlife Estate, ongeveer 10 km buite Potchefstroom, aangebied word. Kunstenaars soos Adam Tas, Ricus Nel, Ruhan du Toit, en vele meer gaan oor dié drie dae vir vermaak sorg. Daar gaan ook verskeie stalletjies, insluitend lekker kosstalletjies, asook aktiwiteite vir oud en jonk wees. Die kunstenaars se vertonings sal regstreeks op verskeie aanlyn platforms uitgesaai word, sodat kykers wêreldwyd die fees saam kan geniet.

Volgens René Roux, Solidariteit Helpende Hand se adjunk- uitvoerende hoof van kommunikasie, poog die fees se organiseerders en borge om voedsel vir die siel te verskaf, asook om bewusmaking oor hongersnood onder die land se kleuters te skep.

Kyk hier na ’n video van Willem van der Ryst:

“Om feestelik te wees is een ding, maar ons wil ook graag die fees aan ʼn groter doel koppel. Die realiteit is dat daar elke aand kleuters is wat honger gaan slaap, want hul ouers kan net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te voorsien nie. Daar is tans meer as 8 000 kleuters wat deel van Helpende Hand se #StopHonger-voedingskema uitmaak. #StopHonger help kleuterskole in Afrikaanse gemeenskappe met koopbewyse om kos vir hulpbehoewende kleuters aan te koop, en vir vele van dié kleuters is dit hul hoofmaaltyd vir die dag,” sê Roux.

“Ons nooi graag die publiek uit om ʼn knoop in die oor te maak en om solank die fees se datum in hul dagboeke aan te teken. Kaartjies is beskikbaar op TixSA by die volgende skakel https://bit.ly/3rpgzIx. Die opbrengste word aan #StopHonger geskenk. Van nou tot die fees plaasvind, kan die publiek reeds ʼn verskil maak en sorg dat daar nie nóg ʼn kleuter honger gaan slaap nie. SMS die woord “STOP” na 45763 (ʼn SMS kos R2) en ons sal jou skakel om jou meer te vertel oor hoe jy ʼn hulpbehoewende kleuter hierdie feesseisoen kan help,” sê sy.

Besoek www.stophonger.co.za vir meer inligting oor die #StopHonger-voedingskema en om ʼn donasie te maak.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.