Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

1, 2, 3, 4… Die Rakkers is hier!

Redaksiespan21 Februarie 2022
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Hierdie opwindende nuwe groep is ’n hartsprojek wat se doel is om die skatkis van Afrikaanse liedjies vir nuwe generasies te bewaar. “Ons wil graag hê ons kinders moet na  die immergroen Afrikaanse liedjies kan luister waarmee ons grootgeword het, op die  digitale platforms wat almal vandag gebruik,” vertel Nadia Beukes en Hendri Myburgh die  stigterslede van Die Rakkers. 

Die eerste vrystelling getiteld, Die Rakkers Is Hier! word digitaal bekendgestel op Internasionale Moedertaaldag wat op 21 Februarie vanjaar gevier word. Die FAK,  Afrikaans.com, AfriForum Teater en CO Productions het kragte saamgesnoer om hierdie  projek te loods.  

Die eerste vrystelling Die Rakkers Is Hier! sluit in ou FAK-gunstelinge soos Hoedjies Van  Papier, Hansie Slim, Wielie Walie, Dis Heerlike Lente en Saai Die Waatlemoen. Die snit sal  21 Februarie op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar wees asook verskeie sosiale  media platforms. 

Die Rakkers is… Nadia Beukes, Lee Scott, Hendri Myburgh en Pulane Nel-Sekepe en elke  lid van die groep verteenwoordig ook ’n kleur – rooi, groen, blou en geel – wat bydra tot  die opvoedkundige deel van die projek. 

Die rooi rakker, NADIA BEUKES het geen bekendstelling nodig nie – Getroud Met Rugby  aktrise, Boer Soek ’n Vrou-aanbieder, stemkunstenaar en Ma van twee pragtige seuns. 

Die blou rakker, HENDRI MYBURGH het jou oggend meer draaglik gemaak op kykNET se Die Groot Ontbyt tot hy einde 2021 as aanbieder gegroet het. Hy was ook deel van die  musiekfliek, As Jy Sing en is ’n pa van twee kleuters. 

Die groen rakker, PULANE NEL-SEKEPE het harte gesteel op die klankgolwe van  JacarandaFM en ook as TV-aanbieder. Sy het ook hope ervaring in kinderteater en werk gereeld agter die skerms as vervaardiger. 

Die geel rakker, LEE SCOTT is seker een van ons land se beste manlike stemme en het  begin as lid van die sanggroep, Hi-5 voor hy ’n solo loopbaan aangepak het en nou ook  stemafrigter by sy eie sangskool is. 

Die bekroonde internasionale vervaardiger, Vaughan Gardiner – ook pa van twee  woelwaters – is verantwoordelik vir die musikale- en stemverwerkings asook finale meng  van Die Rakkers vanuit Dubai terwyl Ferdinand Skead plaaslik die stemme opgeneem het. 

Afrikaans is die taal waarin ons praat, droom, stories vertel en musiek maak. Afrikaans is  nie net ’n skatkis van woorde en gesegdes nie, maar ’n diskoteek van musiek – musiek wat  Die Rakkers vir hul nageslagte wil bewaar. Dit is tyd om nuwe asem in die ou-bekende  Afrikaanse treffers te blaas en dalk selfs nuwe treffers vrystel om vir ’n volgende generasie na te laat terwyl ons deur dit alles, selfs net vir ’n oomblik vergeet van dit wat swaar en  seer is en na ’n ander wêreld ontsnap…

Luister hier na die eerste snit:

“Meer as 85 jaar nadat die FAK-Sangbundel die eerste keer tuis geraak het in die  klaskamers, huise en harte van Afrikaanssprekendes met liedjies soos Hansie Slim, Wielie  Wielie Walie en Saai Die Waatlemoen, maak Die Rakkers dit weer plesierig vir oud en jonk om saam te kan sing,” sê Johan Jansen van Vuuren, bemarkingsbestuurder van die FAK.  “Die projek word met trots deur die FAK as kultuurvennoot ondersteun om onder andere die 85ste verjaarsdag van die Sangbundel te vier,” vertel hy. 

“Ons is opgewonde om deel te wees van hierdie projek wat vermaak en inspireer – in en  deur Afrikaans. Moedertaalonderrig is vir ons van groot belang en ons glo dat deur te  skep in Afrikaans op ‘n wyse waarby die jong generasies kan aanklank vind, ’n groot  bydrae lewer in die voortbestaan en bevordering van Afrikaans,” sê Milanie Vosloo Afrikaans.com Projekbestuurder. 

“Die AfriForum Teater het sonder skroom besluit om deel te word van dié opwindende  nuwe projek wat goeie gehalte Afrikaanse kindervermaak skep,” vertel Carien Bloem die  bestuurder van AfriForum Teater. “Ons voel saam met die kunstenaars sterk oor die  nalatenskap wat ons vir ons kinders in ons pragtige taal Afrikaans los. Om ou bekende  FAK-liedjies af te stof en nuut te maak vir die jongspan was in die kol. Die voortbestaan  van Afrikaans, ongeag die genre, sal altyd vir AfriForum Teater belangrik wees,” voeg sy  by. 

“Dis so lekker om saam met kunstenaars en rolspelers te werk wat so ’n onblusbare passie  vir hul taal het en wil seker maar dat die jongspan ook in Afrikaans vermaak kan word vir  jare wat kom,” vertel Corné Oosthuizen van CO Productions. “Ons hoop dat Die Rakkers ’n vars nuwe asem in die vermaakkringe sal wees vir alle platforms van feeste tot  kinderpartytjies,” sê hy.  

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.