Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Die Eindste se musiekvideo vir ‘Jou Optog’ is hier

Redaksiespan18 Februarie 2022
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Nadia Lingenfelder

Sedert die vrystelling van Die Eindste se debuut-album aan die einde van 2021, is hierdie Gautengse rockgroep die naam op almal se lippe. 

Daarom is dit net gepas om die nuwe jaar op ’n hoë noot af te skop met die musiekvideo van hulle tweede enkelsnit, uit die pen van hulle voorsanger, André Faurie, Jou Optog. 

Hierdie alternatiewe rocksnit, wat reeds speeltyd op bekende radiostasies geniet, gaan oor die angs van sosiale verwerping en die impak wat dit op jou lewe kan hê.

Omdat die boodskap van die liedjie so treffend en relevant is, was dit vir hulle belangrik dat die musiekvideo dieselfde trefkrag moes hê.

In die video, wat op Pringlebaai in die Weskaap verfilm is deur Bow Tie Media, wys hulle hoe nou negatiewe aspekte soos verwerping en sosiale angs, verwant is aan positiewe temas soos hoop en liefde. 

“Regdeur die liedjie word daar gewissel tussen positiewe en negatiewe temas. Met die video wou ons wou iets skep waarby luisteraars sou aanklank vind, maar wat nie algemeen gebruik word nie. Die akteurs het ons storielyn perfek vasgevang en die verskillende temas perfek weergegee. Items soos ’n fakkel, wat simbolies is van liefde, is ook in die video ingesluit,” verduidelik die groep. 

“Ons voel dat Pringlebaai se mooi natuurskoon en die omgewing perfek bygedra het tot die gevoel wat ons vir die video wou hê en dat dit die temas wat ons aanspreek verder gekomplementeer het,” voeg hulle by. 

Jou Optog  is die tweede enkelsnitvrystelling vanaf hulle debuut-album, Grys, wat deur Markus Els van Mark7Studios vervaardig is.

Kyk die musiekvideo eksklusief hier: 

Die Eindste, waarvan die naam uit ’n gesprek tussen die groeplede ontstaan het, is in 2019 gestig toe ’n groep skoolvriende (André Faurie, Ruan Pieterse en Ian Putter) besluit het om saam musiek te maak as gevolg van hulle gedeelde passie vir Afrikaanse musiek waarby luisteraars kan aanklank vind. 

Om musiek en videos te maak waarmee luisteraars kan vereenselwig, is vir Die Eindste baie belangrik en met hulle nuutste vrystelling kry hulle dit beslis reg om op ’n treffende manier hulle boodskap oor te dra.

Hulle album en enkelsnit, Jou Optog is ook beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit hier.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.