Die Coleske Groep, wat onlangs deel van Warner Music Suid-Afrika geword het, het onlangs hul kunstenaars met AiG-toekennings vereer. Hierdie toekennings is slegs op digitale strome gebaseer.
Daar is drie kategorieë:
- Om ’n Goue #AIGToekenning te ontvang, moes jou liedjie of video meer as 1,2 Miljoen keer op Apple Music, Spotify en/of YouTube gestroom gewees het.
- Om ’n Platinum #AIGToekenning te ontvang, moes jou liedjie of video meer as 2,4 Miljoen keer op Apple Music, Spotify en/of Youtube gestroom gewees het.
- Om ’n Diamant #AIGToekenning te ontvang, moes jou liedjie of video meer as 10 Miljoen keer op Apple Music, Spotify en/of Youtube gestroom gewees het.
TASHA
Tasha het een goue toekenning vir Ons Sal Self se liedjie en een platinum toekenning vir Ons Sal Self se musiekvideo ontvang.
TOUCH OF CLASS
Een goue toekenning vir Ons Sal Self se liedjie, een platinum toekenning vir Ons Sal Self se musiekvideo en een diamant toekenning vir Sound of Silence (saam met Ruhan du Toit) is aan Touch of Class besorg.
AMIRA
Amira ontvang een goue toekenning, twee platinum toekennings en twee diamant toekennings. Goud vir Voi Che Sapete se musiekvideo. Platinum vir O Mio Babbino Caro se enkelsnit en O sole Mio se musiekvideo. Diamant vir O Mio Babbino Caro en O Sole Mio Live saam Patrizio Buanne se musiekvideo’s.
CHARLIZE BERG
Charlize Berg het een goue toekenning vir Ons Sal Self se liedjie en een platinum toekenning vir Ons Sal Self se musiekvideo in ontvangs geneem.
CORLEA
Corlea het ook een goue toekenning vir Ons Sal Self se liedjie en een platinum toekenning vir Ons Sal Self se musiekvideo ontvang.
CHRIS ELSE
Chris Else neem ’n goue toekenning vir Ons Sal Self se liedjie en een platinum toekenning vir Ons Sal Self se musiekvideo in ontvangs.
DANNY SMOKE
Danny Smoke het twee platinum toekennings ontvang vir onderskeidelik Jou Lippe se liedjie en musiekvideo.
LIEZEL PIETERS
Liezel Pieters ontvang ’n goue toekenning vir Ons Sal Self se liedjie en ’n platinum toekenning vir Ons Sal Self se musiekvideo. Verder ontvang sy ook goue toekennings vir Asemloos en Droeë Riviere se musiekvideo’s.
MONIQUE STEYN
Monique Steyn ontvang ’n goue toekenning vir Ons Sal Self se liedjie en ’n platinum toekenning vir Ons Sal Self se musiekvideo. Sy ontvang verder ook ’n platinum toekenning vir die enkelsnit Diane saam met Demi Lee Moore en ’n goue toekenning vir die musiekvideo daarvan. Hartseer se musiekvideo saam met Ruhan du Toit besorg ook aan haar ’n goue toekenning.
IVAN ROUX
Ivan Roux ontvang ’n goue toekenning vir Ons Sal Self se liedjie en ’n platinum toekenning vir Ons Sal Self se musiekvideo. Daai Ding se enkelsnit ontvang ’n goue toekenning en die musiekvideo ’n platinum toekenning. Hy palm ook ’n platinum toekenning vir die musiekvideo van Doenit als vir liefde in.
IRENE-LOUISE VAN WYK
Irene-Louise van Wyk ontvang ’n platinum toekenning vir die enkelsnit Tekkies Brand, ’n goue-toekenning vir haar duet met Jay – My Volgende Fout – en dan onderskeidelik goue toekennings vir die musiekvideo’s van Tekkies Brand en Hou jou hande van my lyf af.
GERHARD STEYN
Gerhard Steyn ontvang goue toekennings vir die enkelsnitte Afrikaanse Meisies en Ons Sal Self. ’n Platinum toekenning vir Baby Tjoklits. Platinum-toekennings vir die musiekvideo’s van Afrikaanse Meisies en Ons Sal Self. Goue toekennings vir Jy’s my hartklop en Tien van Harte (Rooi Roos) se musiekvideo’s.
ELVIS BLUE
Elvis Blue ontvang ’n goue toekenning vir Spore en ’n platinum vir Rede Om te Glo.
DEWALD WASSERFALL
Dewald Wasserfall ontvang goue toekennings vir Eendag as ons Groot is, Ons Sal Self, Jy is die storm en Elektrisiteit. ’n Goue toekenning vir Jy is die storm se musiekvideo en platinum toekenning vir die musiekvideo’s van Eendag as ons Groot is en Ons Sal Self.
JAY
Jay ontvang goue toekennings vir die enkelsnitte Da Vat Hy, Lê bietjie langer, Ons Sal Self, Siekverlief, Bonnie en Clyde, My Volgende Fout (saam Irene-Louise) en Te Veel. Platinum toekennings vir Die Land en Naweeklyfie. Dan ontvang hy ook platinum toekennings vir die volgende muziekvideo’s: Vir Liefde, So lank sal ek jou lief hê, In a Moment like This (saam met Lianie May), Toe Stop my hart, Die Land en Ons Sal Self. Goue toekennings vir die musiekvideo van Siekverlief. Drie diamant toekennings vir musiekvideo’s vir Lê bietjie langer, Da Vat Hy en Naweeklyfie word ook aan hom besorg.
LIANIE MAY
Lianie May ontvang ’n goue toekennings vir die enkelsnitte van Bonnie en Clyde, Da Vat Hy, Siekverlief, Ons Sal Self En dan platinum vir Naweeklyfie. Vir Vir Liefde, In a moment like this, Ons Sal Self, Toe stop my hart ontvang sy ’n platinum toekenning en vir Siekverlief se musiekvideo ’n goue toekenning. Da Vat Hy en Naweeklyfie se musiekvideo’s besorg aan haar twee diamant toekennings.
KARLIEN VAN JAARSVELD
Karlien ontvang goue toekennings vir die musiekvideo’s My Hartjie, Ek wil nie Kwaad gaan slaap nie, Beter as liefde, en dan ontvang sy platinum toekennings vir Geskeurde Jeans, Sing vir Liefde, Dans in die reën en Rooilipsoene.
RUHAN DU TOIT
Ruhan du Toit ontvang ’n platinum toekenning vir die enkelsnit Die Land, ’n goue toekenning vir die enkelsnit Ons Sal Self, goue toekennings vir die musiekvideo’s: Hartseer saam met Monique Steyn en Monumentaal, Platinum toekenning vir die musiekvideo’s Die Land en Ons Sal Self en ’n diamant toekenning vir die musiekvideo The Sound of Silence tydens sy tydperk saam Touch of Class.
RICUS NEL
Ricus Nel ontvang goue toekennings vir die enkelsnitte Ploeg Jy, Boerepompie (Synth Peter Remix), Rebecca en Country Roads take me Home. Platinum toekennings vir die enkelsnitte Boerepompie (saam met Snotkop), Bokkies Jag, Boerepompie se live weergawe. Goue toekennings vir die musiekvideo’s van Ploeg Jy, Boesmanland, Bosveld TV. Platinum toekennings vir die musiekvideo’s van I recall a Gypsy Woman en Bokkies Jag. ’n Verdere drie diamant toekennings vir Hardekole (enkelsnit en musiekvideo), Boerepompie (musiekvideo).
JO BLACK
Jo Black ontvang goue toekennings vir die enkelsnitte Bitter, Die vrou wat ek liefhet, Skepe (lewendige weergawe Zoid Afrika). Platinum toekennings vir die liedjies Bring die hoop weer terug, Skepe, Voel jy die genade en Een klein Klippie. Platinum toekennings vir die musiekvideo’s van Skepe, Bring die hoop weer terug, Voel jy die genade en Bitter. En dan ook ’n goue toekenning vir die video van Die Vrou Wat Ek Liefhet.
RIANA NEL
Riana Nel ontvang goue toekennings vir die enkelsnitte van Die Seën, Timbuktu, Country Roads take me Home. Platinum vir Hou Die Hemel Oop. Drie platinum toekennings vir musiekvideo’s van Timbuktu, Weier en Tweede Kans. Goue-toekennings vir Hou Die Hemel Oop en ook vir Glass.
BOBBY VAN JAARSVELD
Bobby van Jaarsveld ontvang ’n goue toekenning vir die enkelsnit Ek Weet Al Lank Al. Platinum toekenning vir die treffer Die Land. Vir die musiekvideo’s van Die Land, ’n Vrou wil dit hoor, Een vir een en My Alles ontvang hy platinum en vir Ek Weet Al Lankal en Net Vir Jou kry hy goud.
BOK VAN BLERK
Bok van Blerk ontvang platinum toekennings vir die enkelsnitte Hardekole, Lemoene, Die Land, Sluise van die Hemel en goue toekennings vir die enkelsnitte Die Kaplyn, Soutwater, De la Rey, 68 Chevy (Minki). Hy ontvang ook platinum toekennings vir musiekvideo’s van Die Land, Koue voete en Warm liefde, Sing Afrikaner Sing, Land van Melk en Heuning, Die Kaplyn en Sluise van die Hemel asook goud vir Tyd om te trek en Soutwater se musiekvideo’s. Vir Hardekole en Lemoene se musiekvideo’s ontvang hy diamant toekennings.
STEVE HOFMEYR
Steve Hofmeyr ontvang goue toekennings vir die enkelsnitte Pampoen, Agter Elke Man, The Gambler, If I said you have a beautiful body, Country Roads take me Home en Ons Sal Self. Platinum toekennings vir Amanda (saam met Demi Lee Moore), Die Land. Vir Die Land, Feeslied en Ons Sal Self se musiekvideo’s ontvang hy platinum toekennings en vir I will always love you (saam met Demi Lee Moore), goud. Hy ontvang ook ’n diamant toekenning vir die video van Amanda.
DEMI LEE MOORE
Demi Lee Moore ontvang vir There was Jesus en Seven Spanish Angels (beide duette saam met Riaan Benadé), Queen of hearts, Lei my na die water, Because its love, Coat of Many Colors, Country Roads take me home goud. Vir Neon Moon, Diane (saam met Monique Steyn), Ek weet al lank al, Ons Sal Self, Maak my jou tequila, Mis eet Slaap Herhaal en Amanda (saam met Steve Hofmeyr) platinum. Ek weet al lank al, Diane, I will always love you, Jolene en Coat of Many Colors se musiekvideo’s besorg aan haar goud met Mis eet slaap Herhaal, Maak my jou Tequila en Ons Sal Self se musiekvideo’s wat platinum kry. Sy kry ook ’n diamant vir Amanda se musiekvideo.
RIAAN BENADE
Riaan Benade ontvang goue toekennings vir die volgende enkelsnitte: There was Jesus, From Now On, Keeza, Sy’t lyf (35 Chev), Rooiroknooi. Platinum toekennings vir: Spontaan, Ons sal Self, Vat ’n Bietjie, Gooi Nog ’n Whiskey en Lieg vir my. Spontaan, Ons Sal Self en Vat ’n Bietjie se musiekvideo’s ontvang platinum toekennings.
APPEL
Appel ontvang goue toekennings vir die volgende enkelsnitte: Hier sal jy Boer, Die Gelofte, Dronkbel, Jou Land, Tequila en Gin, Handebak, Boerenooi, Boskind, Kalahari. Platinum toekennings vir die enkelsnitte: Lemoene, Nonna, Boer loop deur my are, F250, Tammeletjie, Kom en lê my neer, Jagter, Dina en Somerson (remastered). Vir Nonna, Boer loop deur my are, F250, Tammeletjie, Kom lê my neer en Jagter se musiekvideo’s kry hy platinum en vir Lemoene se musiekvideo ’n diamant.