Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Ray Dylan vier Theuns Jordaan, die liefde in nuwe enkelsnit

Redaksiespan15 Februarie 2022
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Rudolph De Wet

“Ek het hierdie liedjie vir ’n groot mentor in my lewe, Theuns Jordaan, geskryf om op te neem wat hy nooit kans gekry het om te doen nie. Omdat dit goeie reaksie uitgelok het op konserte, het ek dit voor sy afsterwe opgeneem en om dit nou te kan vrystel, beteken vir my ontsettend baie. As ’n mens mooi luister sal jy die Theuns-aanslag hoor,” verklap die SAMA-bekroonde musikant and liedjieskrywer, Ray Dylan, oor sy nuutste enkelsnit wat pas vrygestel is en reeds besig is om soos ’n veldbrand te versprei.

Vir Eens In My Lewe is ’n Afrikaanse popsnit uit sy eie pen en is ’n liedjie wat beklemtoon hoe belangrik liefde en stabiliteit in ’n mens se lewe is. ’n Tema wat veral hierdie maand relevant is.

“Die liedjie gaan oor ’n persoon wat ’n definitiewe rigting in hulle lewe gevind het. Enigiemand beleef soms wankelrige tye en hierdie snit beskryf hoe iemand in hierdie posisie beslissing/ rigting in hulle lewe gekry het,” verduidelik hy. “Ek skryf altyd uit lewenservaring en hierdie is maar net nog ’n voorbeeld van my lewe. Vir eens in my lewe weet ek wie ek is.”

Die musiekvideo is by Photo Factory in Boksburg verfilm en die produksie is deur Vonk Musiek en CoolerBox Brothers behartig.

“Die venue het verskillende stelle op een perseel en dit het ons werk baie maklik gemaak. Die verste wat ons moes loop om by die volgende plek uit te kom, was 100m,” verklap die vervaardigers oor hoekom hulle die venue gekies het. 

Nadat Ray en die span daaroor gesels het, het hulle besluit om ’n optrede-video te maak, sodat aanhangers die liedjie ten volle kan geniet en lekker daarop kan dans wanneer dit op die kassie verskyn. 

Kyk die musiekvideo hier: 

Vir Eens In My Lewe volg in die voetspore van sy emosiebelaaide treffer, Laaste Groet, wat steeds op verskeie treffersparades pronk, asook By Jou Voete Lê wat dansvloere laat gons het oor die afgelope paar maande.

LEES OOK: Ray Dylan gaan die dansvloer laat gons met nuwe liedjie

Ray is al vir meer as drie dekades in die musiekbedryf doenig en is veral bekend vir treffers soos Hokaai Stoppie Lorrie, Dis Verby, Jessica, Hier binne klop ’n Boerehart, Angel-face, You’re My Everything, Vir Ewig Jonk, Uitbasuin, Hier Teen Jou Lyf en meer.

Sedert hy op die ouderdom van twaalf saam met Bles Bridges begin optree het, het hy die kuns vervolmaak om met Afrikaners se harte te praat en verskeie goue- en dubbelplatinumstatus-albums en -liedjies uitgereik.

Tans werk hy aan twee nuwe albums wat hy binnekort wil uitreik en geniet hy dit om weer voor gehore te kan optree.

LEES OOK: Ray Dylan groet ’n geliefde met hartroerende ballade 

Vir Eens In My Lewe is ’n treffende liedjie wat twee top-kunstenaars se style kombineer en dadelik in jou kop vassteek. Dit nooi jou uit om saam te neurie en te onthou dat die lewe uitwerk soos wat dit moet.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.