FOTO: Verskaf
Die opwindende nuwe Afrikaanse kunstenaar Corné Pretorius het vroeg in 2021 die trefferliedjie Biertjies saam met Die Heuwels Fantasties en Ampie bekend gestel. Aanhangers is gaande oor dié lekker kuier-liedjie – en nou kan dinge tuis by die braaivleisvuur nog lekkerder raak, want daar word nou sommer ’n heerlike bier daarby saam bekend gestel.
“Ons kan almal doen met ’n bietjie pret en plesier. Dit was vir my ’n groot eer om Biertjies saam met Die Heuwels en Ampie te kon opneem en uitreik – en om nou ook in ’n vennootskap met hulle te wees met ons eie BIERTJIES bier. Kom kuier saam met ons op 19 Februarie en wees van die eerste wat ons nuwe bier proe! Dit gaan ’n groot partytjie wees,” het Corné gesê.
Pierre Greeff sê dat Die Heuwels Fantasties treffers van al agt hul albums gaan jol en daar sal ook ’n verrassing of twee wees. “Ons sien ook uit daarna om Biertjies saam met Corné en Ampie te doen, asook Plekkie in die Son saam met Early B. Check julle daar!”
LEES OOK: Corné Pretorius, Die Heuwels en Ampie sing oor ‘biertjies’
Kry jou kaartjies vir die Biertjies Bierfees hier.
- Kinders onder 6 kry gratis toegang.
Die hekke maak 12:00 oop – die program lyk so:
- Ampie 15:00
- Corné Pretorius 16:15
- Die Heuwels Fantasties 17:15
- Early B 18:30
BIERTJIES bier sal ook by die Top Wine Roots Laailou Musiekfees beskikbaar wees. Dit word vanaf 18 tot 20 Maart by Die Bergrivieroord in Paarl aangebied. Vir meer inligting besoek www.laailoufees.co.za.
Die radiotreffer Biertjies was in 2020 opgeneem by Sunset Recording Studios in Stellenbosch.
Pretorius vertel die idee was om ’n familiedag te geniet terwyl hulle die opname doen. Die video van die liedjie is geskiet tydens hierdie onvergeetlike dag. Sien die video hier: