Brendan Peyper stop die wêreld in die maand van liefde!

FOTO: Verskaf

Dit is alweer daardie romantiese tyd van die jaar en die koning van serenades stel soos oudergewoonte nie teleur nie. Brendan Peyper, wat veral bekend is vir sy romantiese kant, ‘stop die wêreld want hy wil afklim hierdie Valentynsdag’ – net nie alleen! 

Stop Die Wêreld Ek Wil Afklim is sy romantiese vrystelling hierdie Februarie en dit beloof om die perfekte liedjie te wees vir enige iemand in die bui vir liefde. Hy sing van al die aspekte van daardie spesiale iemand saam met wie jy net die oomblik wil vries en geniet vir solank as moontlik.

’n Romantiese valentyns date saam met jou ander helfte of dalk ontmoet jy iemand vir die eerste keer – as hierdie liedjie in die agtergrond speel sal dit verseker pluk aan die regte hartsnare in sulke romantiese oomblike.

Maak seker jy stop jou wêreld wanneer hierdie song vrystel sodat jy kan luister en in die regte bui beland vir die maand van liefde.