Marissa is reg om harte ‘kaalvoet’ en al te verower

FOTO: Verskaf

Terwyl sy werk as kroegmeisie in ’n grasdak-kuierplek op ’n plot net buite Centurion is hierdie uitklophou soos ’n rowwe diamant wat wag om geslyp te word. 

Marissa is die nuwe naam in die Afrikaanse musiekbedryf om dop te hou… 

Nes haar nederige omstandigehede hoef hierdie plat-op-die-aarde meisie vir niemand terug te staan en sal haar stem jou aangrypend roer terwyl jy smag na meer. Marissa se debuutenkelsnit, Kaalvoetliefde, is ’n liedjie oor aanvarende liefde sonder pretensie en om daardie iemand te vind wat jóú mens is – saam met wie jy net kan wees – kaalvoet en al.  

Met ’n hoë energie verwerking en vars “punk rock” elemente sal hierdie snit jou skoene ook afskop soos jy dansvloer toe beweeg. So kyk uit vir hierdie skoonheid soos sy hierdie jaar kaalvoet haar pad in jou hart in sing.