Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Pedri van der Westhuizen ‘daag genres uit’ in eerste enkelsnit

Redaksiespan21 Januarie 2022
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

’n Teologiestudent van Centurion, Pedri, het pas sy eerste enkelsnit,   Deel van die lewe,  vrygestel.  Met dié snit maak hy ook amptelik sy toetrede tot die Afrikaanse musiekbedryf en die jong sanger daag genres uit en neem waaghalsige musikale risiko’s wat opkomende sangers nie sommer sal neem nie…

Want Deel van die lewe dans op die rand van gospel, maar die rock-pop gedrewendheid daarvan en die sterk lirieke, wat ’n positiewe gevoel by die luisteraar laat, sal selfs die gehardste ateïs se voete laat dam-ti-dam.

Tradisionele gospelliedjies, met die uitsondering van onder andere Joe Niemand, het gewoonlik ’n meer gewyde gevoel, en sal nie maklik op radiostasies gespeel word nie, maar Deel van die Lewe is baie radiovriendelik. Die wysie gaan in jou kop bly dans en die lirieke gaan onbewustelik oor jou lippe spoel… 

Pedri vertel graag dat hy ’n millennium-baba is; ’n kind wat met tegnologie groot geword het, en nie bang is om kanse te waag nie.  In baie opsigte is hy ook ’n wandelende paradoks wat oor naweke sy sekulêre musiek in restaurante aan mense bekendstel, en op Sondae die lof- en aanbidding by die die House of my glory-gemeente in Centurion lei.  “Ek is baie lief vir die Here en ek het die liedjie gekryf met die hoop dat mense sal besef dat gister verby is en dat vandag saak maak. Ons moet ook mekaar vergewe, om te vergewe bring in soveel opsigte nuwe lewe.”

Sy positiewe geaardheid word ook in die koorgedeelte ge-eggo: ..“Dit is deel van die lewe, dit is deel van die lewe. Om te vergewe bring nuwe lewe…” 

Pedri is in Pretoria gebore en het ook in die Jakarandastad grootgeword. “Ek is baie lief vir die buitelewe en vlug dikwels na ons plasie, net buite die stad, as die liggies, geraas en verkeer té veel raak.”

 Hy het nadat hy, aan die Hoërskool Montana in die noorde van Pretoria, gematrikuleer het (nogal matriek met drie onderskeidings), sy musiekstudies aan onderskeidelik Unisa, Rock school en  SAMRI (South African Music Industry) voltooi.  Hy is veral ’n meester van die elektriese kitaar. 

Pedri het verlede jaar vir ’n BA-graad in teologie ingeskryf en sy studies is ook die inspirasie vir baie van sy lirieke.  

Pedri skop die nuwe jaar op ’n hoogtepunt af en Deel van die Lewe is een van dáárdie liedjies wat ons bitter nodig het – vergeet van die afgelope twee jaar se Covid-19-pyn en fokus op vandag. 

Kyk die musiekvideo hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.