Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

C-Storm (Carel Sebastiaan) se nuwe lied perfek vir Kersfees

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

FOTO: Verskaf

Die sanger en liriekskrywer C-Storm sluit sy suksesvolle jaar in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf af met sy vierde enkelsnit, Kersvader. Die enkelsnit word ook net op die  regte tyd vrygestel – net betyds vir Kersfees.

Alhoewel C-Storm vanjaar eers sy toetrede tot die musiekbedryf gemaak het, het dit dié nuwe nootplukker op die toneel nie gekeer om vinnig ’n huishoudelike naam met sy rou-rock- luistertreffers Haal asem, Kol op die maan en Vaderland te word nie. 

C-Storm het nie met een van dié snitte afgewyk van sy wenresep nie; emosies wat vanuit die hart kom, rou rock-klanke en ’n egtheid wat baie min liriekskrywers hom kan nadoen.

Met Kersvader wyk hy ook nie van die resep af nie; dié liedjie vertel ’n storie wat luisteraars so sal ontroer dat daar ’n traan of twee definitief oor die wange gaan rol.  Dit is ook in baie opsigte dit wat C-Storm uniek maak; hy kan emosies loswoel.  

Dié titel mag dalk na die mitologiese Kersvader verwys, maar C-Storm is ’n meester van die metafoor en as jy fyn lusiter sal jy besef dat die liedjie nie net handel oor die mollige-baardman met sy rooi baadjie nie, maar ook oor al daardie Samaritane wat tydens die grendeltydperk broodnodige geskenke uitgedeel het.  “Hier’t ‘n man gekom met ’n hart van goud, geskenk gebring vir jonk en oud…”

“Die liedjie het ’n tweeledige betekenis: eerstens, beskryf dit die kinderlike afwagting op die koms van Kersvader, en tweedens, ‘n amper noodkreet om al daardie goedjies wat jou so pla op sy slee te pak en ver weg te vat,” vertel C-Storm. 

Die liedjie beskryf ’n man met ’n hart van goud wat vir ons geskenke bring,  maar vra dan ook die vraag oor wat jy vir Kersvader sou vra. 

Hoewel C-Storm hom nog nooit as ’n gospelsanger in die mark geposisioneer het nie, en die liedjie ook nie as sodanig beskou kan word nie, word daar tog fyn korrelasie getref tussen Kersvader en Jesus wat as geskenk aan die wêreld gegee is en ons alles oor die liefde geleer het.

Die liedjie sinspeel dus nie net op wat kindertjies se hartsbegeertes is nie, maar ook op wat jy vir Jesus sou vra – om dalk net jou hartseer te kom wegvat. 

Dit word ook goed in een van die strofes verwoord: … “Vat my saam tot anderkant die horison, na ‘n plek waar hartseer en die donker nie kan kom…” 

C-Storm het so ’n rukkie gelede ook die musiekvideo van Kersvader gemaak en op YouTube gelaai. As jy daarna kyk sal jy die liedjie ook baie beter verstaan. 

Dit beeld ’n gesin uit, wat na die afsterwe van die pa, die hartseer probeer verwerk, en hoe die ma en dogtertjie dit dan op hulle manier beter probeer maak. 

Kersvader is nie ’n tipiese Kersliedjie nie, maar dit is ’n liedjie wat beslis die Kersfees op jou speellys moet wees. 

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.