FOTO: Verskaf
Refentse sluit die jaar op ’n hoë noot af met ’n eksklusiewe partytjie-uitnodiging vir jou om sy gas by ’n ‘Boerebal’ te wees. Boerebal is ’n Afrikaanse glansgeleentheid gevul met biltong, Klippies & Coke, goeie musiek en ’n sokkie-jol van formaat. Refentse het vir homself ’n unieke plek in die Afrikaanse folklore uitgekap en is opgewonde om hierdie somerknal by sy repertorium te voeg.
Boerebal is ’n hoë-energie-lied wat herinner aan sy partytjie-treffers Oom Faan Se Plaas en Vuil Vanderbijl – twee van sy vele enkelsnitte wat goue status behaal het.
Verwag om hierdie SAMA-topverkoper se nuwe liedjie Boerebal by elke Afrikaanse geleentheid te hoor hierdie somer en te partytjie tot die son op kom.
