Die Kaalvoetkinders is terug en hulle ‘Sing Country’

FOTO: Willem Botha

Juanita du Plessis en haar twee talentvolle kinders, Franja du Plessis en Ruan Josh, is terug met ’n splinternuwe album – en in regte Kaalvoetkinners styl is die album gevul met van die beste Country musiek om jou “roadtrip” soveel lekkerder te maak!

Sing Country bevat elf snitte wat selfs die grootste Country aanhanger se dors vir kwaliteit musiek sal les. Die eerste enkelsnit vanaf die album, What Would Dolly Do (WWDD) van Side Piece is heropgeneem en ’n country-rock liedjie wat ’n mantra is om die lewe te geniet maak nie saak wie jy is nie.

Aanhangers kan ook uitsien na She’s Mine, Try Everything, Only Jesus en hulle weergawe van die Hanson-treffer, MMMBop. Luister ook uit vir die enigste Afrikaanse liedjie op die album, Trapkap, ’n oorspronklike snit geskryf deur Juanita en Franja.

Die album is ideaal vir enige opskop in jou sitkamer, linedans partytjie of om die pad see toe hierdie vakansie korter te maak!