Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Willem van der Ryst se nuwe enkelsnit is ’n ‘eenvoudige liefdesverhaal’

Redaksiespan7 Desember 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die sanger Willem van der Ryst se stem dreun soos ’n diesel bakkie wat op ’n koue oggend staan en ‘idle’, die klank van sy kitaar talm in die lug soos die rook van ’n bosveld vuur en sy lirieke is gewoonlik eenvoudige psalms opgedra aan die plattelandse lewe.

Willem het geen formele opleiding as ’n musikant gehad nie, maar hy het vroeg al ’n liefde vir musiek ontwikkel. Op skool het hy ’n vriend se kitaar opgetel en met die eerste paar akkoorde het hy besef dat hy sy passie ontdek het. Hy het later ook self begin musiek skryf. “Ek sing eenvoudige liedjies, wat stories vertel. Enigiets kan my inspireer, van ’n boemelaar tot ’n ou in ’n Ferrari. Dis nie iets spesifiek wat my laat liedjies skryf nie, maar ek weet dadelik wanneer iets my wel geïnspireer het,” verklap hy.

Sy musiekloopbaan het begin toe hy homself in Centurion kom vestig het. Willem het as ’n klank ingenieur vir ’n paar bekende kunstenaars gewerk en wanneer hulle ’n blaaskans nodig gehad het, het hy self ’n paar liedjies gespeel. Kort voor lank het Willem die ‘show’ geword.

Die boerseun van die Noordkaap het al reeds ’n paar treffers vrygestel, onder meer; Sand In ’n Uurglas, Storie Boek en Knipmes Aand, wat steeds gewilde liedjies bly vir ’n lekker kuier om die braaivleisvuur.

Met sy laaste enkelsnit, Nikkels en die Wyn het hy geskryf oor ’n man wat verlief geraak het op ’n vrou, maar weens omstandighede kan hulle nie saam wees nie. “Hy weet nie vir hoe lank sy vir hom sal wag nie, maar intussen drink hulle gereeld saam wyn en is sy vir hom meer werd as geld (nikkels),” het Willem vertel.

LEES OOK: Sanger kry vlieglisensie, reik nuwe musiekvideo en enkelsnit uit

Sy nuutste enkelsnit, Suid Van Eden is ook ’n eenvoudige liefdeslied soos Willem dit sou beskryf. Die liedjie versinnebeeld die gevoel wat ’n man kry as hy verlief is. Die lewe is net beter, so asof jy jou eie stukkie eden ontdek het en met ’n lekker ‘two-step’ ritme is die beslis ’n liedjie waar op paartjies die aand om kan vasdans.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.