Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Joshua na die Reën herinner hoe nou ons aan God, Sy skepping is

Redaksiespan7 Desember 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die multi-bekroonde musikant, Joshua na die Reën, het lankal reeds die kuns bemeester om luisteraars te bekoor met sy aangrypende musiek en sy nuutste enkelsnit, Arende, is net nog ’n bewys hiervan.

Hierdie kontemporêre snit, wat hy self geskryf het, is eie aan die unieke styl waarvoor hy bekendheid verwerf het en kombineer sielvolle lirieke en ’n meesleurende wysie om ’n merkwaardige eindresultaat te skep.

“Die idee vir die liedjie is gebore gedurende ’n vakansie in Spanje saam met my gesin en skoonfamilie. Ons het bo-op ’n berg gebly en ’n mooi uitsig gehad oor die landskap en omgewing. Daar was elke dag arende wat in die lug gesweef het en hulle het my verbeelding aangegryp,” vertel hy. 

“Dit het my ook laat dink aan Hoekwil in Suid-Afrika. Daar is groen gras, blou lug, woude, berge, waterstrome en bome, onder andere een reuse geelhoutboom. Ek het al baie gewonder hoe die jaarringe binne-in dié boom lyk en besef watter rykdom en diepte daarin lê om so stadig soos hy te groei en dat hierdie boom ook van die arende en hulle swerftogte weet.”

Hierdie ervaring het hom laat besef dat ons baie meer met God, mekaar en die natuur verbind is as wat ons besef en dat die liedjie juis oor hierdie verbintenis gaan. “Hoe meer ek God leer ken, hoe meer besef ek dat die boksies wat ek in my kop gehad het oor wat deel is van Hom en wat nie verdwyn. Ek kan sien hoe Hy met ons gesels en deel is van ons lewens op ’n manier wat in alle opsigte uitskree: ‘Ek wil saam met jou leef’,” verduidelik hy. 

“Ek hoop my jaarringe kan eendag praat van verbintenis en eenheid en ’n bewustheid om saam met alles om my te ‘wil leef’. Soos die Arende en Geelhoute en al die ander bewoners van ons skepping.”

Arende, wat beslis ’n gunsteling onder Afrikaanse musiekliefhebbers gaan wees, is nou beskikbaar op alle digitale platforms. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.