Afrikaanse Musieknuus se #BestesVan-veldtog is terug!

Ná die sukses van die #BesteVan-veldtog in 2020 is ons terug. Met hierdie veldtog beoog Afrikaanse Musieknuus om die beste van die beste te vier – die room van Afrikaans is 2021. 

Inskrywings vir hierdie veldtog is nou oop en onafhanklike sowel as gevestigde kunstenaars word genooi om hul werk in te skryf. Werk wat ingeskryf word moet in die periode 01 Januarie 2021 tot 31 Desember 2021 vrygestel gewees het om in aanmerking te kom. 

Inskrywings kan tot Maandag, 20 Desember ingedien word. 

“Ons is opgewonde om weer gehalte werk in Afrikaans te vier,” het Fanie Nel, redakteur ek stigter van Afrikaanse Musieknuus gesê.

Benewens die inskrywings kan die publiek ook nou hul gunstelingkunstenaar benoem. Indien daar iemand is wat jou oog gevang het dié jaar, stuur vir ons ’n e-pos info@afrmusieknuus.co.za

Om in te skryf vul hierdie vorm in: