FOTO: Verskaf
Soos wat Brendan Peyper hierdie jaar treffer ná treffer vrygestel het is dit uiteindelik tyd vir sy Desember uitklophou! Nooit ’n Glas bring daai somerpret-gevoel met ’n reuse country rock produksie soos hy die grootste saamsing-kreet van die jaar speel.
As alles jou in die steek laat kan jy altyd staatmaak op ’n glasie saam met jou pelle om alles weer beter te maak en dit is presies hoe Brendan wil hê mense hierdie liedjie moet geniet – gryp ’n glas, trek ’n pel nader en sing jou hart uit. Iets waarvoor niemand meer kan wag om te doen hierdie tyd van die jaar nie.
Op die pad, by ’n vertoning, ’n paar drankies saam met vriende en ’n toerbus steel? Dit is hoe die musiekvideo ons op ’n reis neem van pret en kattekwaad waar Brendan ’n plan maak toe sy bakkie breek voor ’n vertoning. Maak seker jy mis nie uit op die somertreffer van die jaar nie en voeg Nooit ’n Glas nou by jou kuier-speellys!