Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Jan Jan Jan se debuut-album is uiteindelik hier!

Redaksiespan26 November 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Dit is geen geheim dat ’n Suid-Afrikaanse braai nét so lekker soos ’n bietjie Wys jou Vleis, Ek bly ’n Boer of Gooi Mielies is! Die manne van Jan Jan Jan het die afgelope paar maande aanhangers trakteer met verskeie enkelsnitte en nou het die tyd aangebreek vir hul volledige album. 

Al Die Ysters is die groep se debuut-album en beloof om nie teleur te stel nie. Die splinternuwe enkelsnit getiteld, Al Die Ysters en verskeie verwerkings van ouer Afrikaanse gunstelinge – in die groep se unieke klank – beloof uiterse luistergenot!

Die belangrikste bestanddeel in Jan Jan Jan se musiekresep is dat die groep hulself onderskei, deur nie net musiek te maak wat gemaklik op die oor val nie, maar deur komiese storielyne in hulle musiekvideo’s. Met Al Die Ysters raak die Janne bietjie meer filosofies en skemer ’n meer ernstige kant van die groep deur. 

Die liedjie herinner ons daaraan dat ons almal die spreekwoordelike ‘ysters in die vuur’ het en dat die lewe op die oomblik ietwat meer onstuimig kan wees. Ten spyte hiervan laat ons nie toe dat dit ons geeste demp of onderkry terwyl ons voortbeur deur alles wat die lewe na ons kan gooi nie. Gevolglik is elkeen ook ’n “yster” om die vuur! Juis daar waar ons dikwels oortuigings deel, saam droom oor die toekoms en terselfdetyd vir mekaar en onsself lag – laasgenoemde so kenmerkend van ons Afrikaners. Die pioniers van ons tyd is diegene wat deur beide die goeie en slegte tye by mekaar staan!

LangJan, KleinJan en MooiJan omsluit elk ’n duidelike Jan-beeld. In wese is hulle elkeen in eie reg ’n yster om die vuur! Daar is geen twyfel dat Jan Jan Jan se debuut-album ’n bevredigende luisterervaring sal bied nie. Selfs ’n Laurika Rauch-mash-up maak deel uit van die ou gunstelinge! Die album gaan hierdie feesseisoen die langpad sommer baie korter en die kuiers baie lekkerder maak!

  • Al Die Ysters is nou op digitale stroomdienste beskikbaar. 
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.