Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Wouter van de Venter stel langverwagte nuwe snit ‘Sonneblom’ bekend

Redaksiespan20 November 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die bobaas liedjieskrywer, Wouter van de Venter, het pas sy langverwagte, nuwe enkelsnit Sonneblom vrygestel. Wouter se musiekvideo vir sy lied, As Die Hieppies Begin Dans, het al meer as twee miljoen trefslae op YouTube geniet sedert sy vrystelling en hy sien uit om nuwe musiek met sy aanhangers te deel. 

Wouter het bekendheid verwerf as deel van die groep Ses Snare waar hy sedert 2007 saam met Mathys Roets en Mel Botes opgetree het, maar het vir so lank as wat hy kan onthou liedjies geskryf. Aanvanklik het hy net in Engels geskryf. Hy was nooit regtig tevrede met die liedjies nie tot in Desember 1995 waar hy sy pen tot sy eerste Afrikaanse liedjie gewend het. Vir die eerste keer was hy gelukkig met die song, hy wou niks verander nie en so is sy debuu- album, wat in 1998 vrygestel is, Voel Vere gebore.

Liedjies soos My Lam en sy eerste en enigste politieke liedjie Ou Maat was goed ondersteun deur RSG en hy is ook gevra om aan die 10 jaar reünie van die Voëlvry-beweging deel te neem aan Kaktus op die vlaktes by die KKNK. Hier het hy vir die eerste keer voor en saam met sy helde Koos Kombuis, Valiant Swart en Johannes Kerkorrel opgetree.

Ander hoogtepunte van Wouter se loopbaan is toe hy Breyten Breytenbach se gedig, Ballade Van Ontroue Bemindes vir die liedjeboer Anton Goosen getoonset het en toe Dozi sy liedjies Pretoria Prinses, Soutsmaak, As ek verlief raak, Sonder Jou en Kom ’n Bietjie Binne opgeneem het.  ‘’Ek moet erken dit was nogal ’n draaipunt in my loopbaan. Danksy Dozi het soveel meer mense my baby’s gehoor en ek sal hom altyd dankbaar wees daaroor. Ek het nou so baie navrae vir songs, ek kan nie by bly nie,’’ deel Wouter.

Sy album Donkerkant is ’n lekker harde rockalbum met een ballade wat baie goed vir hom gedoen het. Sy liedjie Ek Roep Jou Naam is onder andere ook opgeneem deur wyle Theuns Jordaan, Laurika Rauch en Christiaan Kritzinger. (Christiaan Baartman)

Volgens Wouter is songwriting ’n gawe van bo wat regtig somtyds so vinnig gebeur dat jy regtig nie krediet vir die liedjie kan neem nie. “Ek dink baie wiskundig oor skryf. Ek deel ’n song op in lirieke en in musiek. Omdat ek musiek geswot het, het ek nooit regtig veel waarde geheg aan lirieke nie. Die melodie en die riffs en die groove is al wat vir my belangrik was. Dis nou maar die laaste paar jaar wat ek regtig ingaan in die lirieke.’’

Sedert 2015 woon Wouter in die Weskus waar hy die sangpaar Wynand en Cheree Strydom se Fine Tune Studio vir hulle bedryf.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.