FOTO: Verskaf
Na die reuse sukses van Kyk Na My Hart, wat met meer as twee miljoen trefslae in slegs elf maande spog en die wegholsnit, Damlelielief wat meer as 400 000 trefslae in slegs drie maande geniet en met beide wat steeds op Apple Music se top-20 boer is Rooksein terug met hul nuutste liedjie.
LEES OOK: Rooksein is terug met ’n nuwe enkelsnit en musiekvideo
Miskien gaan oor die realiteit van gevoelens wat ervaar word wanneer twee mense in ’n verhouding se paaie skei. Vreemdelinge word beste vriende, maar word dan weer vreemdelinge. Dit maak seer, maak nie saak hoe ’n mens daarna kyk nie.
“Breakup songs kan baie vinning cliché raak, maar hierdie is ’n ander uitkyk daarop, ’n uitkyk wat soveel dieper as die normaal is,” verduidelik die groep.
“Ons al drie is die laaste paar jare deur breakups en het by ’n plek gekom, waar ons met mekaar kon relate. Ons glo dit is nie net ’n plek waar ons met mekaar kan relate nie, maar wel ook met die mense daarbuite. Met die dat almal al daar deur is, het ons besluit om dit te channel in ’n rigting in waar ons almal kon bydra tot iets wat vir meer as net ons iets beteken en ’n verskil kan maak.”
Rooksein se doel is nie net om musiek te maak nie, maar eerder musiek te maak wat iets beteken en wat ’n verskil kan maak. Hierdie liedjie voel vir hulle soos ’n realiteit wat nie net hulle al beleef het nie, maar byna elke liewe persoon daar buite. Hulle wou iets skryf wat mense sal laat besef dit is normaal om so te voel en dat hul nie alleen daarin is nie.
Rooksein hoop en vertrou dat die publiek Miskien sal geniet en dit hulle eie sal maak. Hulle glo vas die liedjie het al die nodige komponente om baie goed te doen en daarom hoop hulle dat die publiek net so baie daarvan sal hou soos wat hulle daarvan hou.
- Miskien is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste.
