FOTO: Verskaf
Ontmoet die jongste Sony Music Entertainment-ondertekening; die jong man met duur smaak vir musiek, Eloff.
Sy debuut-enkelsnit Johnnie Blou sal verseker sal verseker die ore streel, maar tog smaak soos die soetste Whiskey. Dié nuwe treffer gaan beslis ’n tien-uit-tien wees tussen al die ander liedjies op trefferparades hierdie somer.
Eloff, ook bekend as “Die Prins van Potch” bring ’n unieke klank na die Afrikaanse musiektoneel wat onskuldig tog opstandig is en binnekort die gesprek van die dorp sal wees en op die lippe van radiostasies landwyd.
Johnnie Blou is die perfekte vuuraansteker om ’n partytjie aan te wakker, ongeag die grootte.
- Die enkelsnit is vervaardig deur Hugo Ludik, Nic Jordaan en Brendan Ross Campbell van Muse Studios-faam.
- Johnnie Blou is nou op digitale stroomdienste beskikbaar.