Sit jou ‘Move Aan’ saam met Leah

FOTO: Willem Botha

Leah is terug met ’n splinternuwe enkelsnit. Hierdie enkelsnit is een vir jou somervakansie speellys – of dit nou om die vuur, vir ’n lekker vleisbraai of net langarm is – Move Aan sal jou partytjie behoorlik skop gee.

Op 29 Oktober is daar ’n voorsmakie van die nuwe treffer op TikTok beskikbaar gestel waar Leah meer as 200 000 volgers het. 

Leah het weer ná Met Jou Klere Aan, haar partytjieskoene gaan afstof en Move Aan is die resultaat en jy gaan hom oor en oor wil luister.

“As ons by die huis is braai ons, as dit naweek is braai ons, as ons met vakansie is braai ons en met ’n braaibroodjie natuurlik. Maak nie saak hoe fancy jy dink jy is nie – kanse is goed jy hou van ’n braai,” het Leah gesê. 

Die liedjie is geskryf deur Roux Cloete en Dirk van Niekerk en vervaardig deur Dirk van Niekerk en jy gaan nie anders kan as om saam te sing nie.

Die klankgreep het ’n week gelede eksklusief op TikTok uitgerol as ’n voorsmakie van die enkelsnit en het behoorlik die land aan die dans. So as jy op TikTok is gaan deel in die challenge. 

Daar is ’n dansie of wys ons net hoe sit jy jou MoveAan en gebruik die hutsteken #MoveAan.