Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Perfekte droom vir Shoneill

Redaksiespan29 Oktober 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Shoneill se splinternuwe enkelsnit, Wakker Raak, beskryf presies hoe sy tans oor die lewe voel – dis ‘n droom waaruit sy nie wil wakker raak nie. Dié enkelsnit is onlangs vrygestel en almal wat die goeie tye wil koester, sal aanklank vind herby. Die musiekvideo is ook van vandag af beskikbaar om geniet te word.

Wakker Raak is gepen deur die bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer, en Shoneill het vertel dat dat juis ook háár storie vertel.

“Ek het vir Johan verduidelik dat ek op ’n stadium in my lewe is waar ek smoorverlief is op my droomman en ek het nooit gedink dat ek so gelukkig getroud kan wees nie. Johan het met daardie inspirasie Wakker Raak geskryf,” het sy vertel.

“Ek het dadelik aanklank gevind by die liedjie as gevolg van die feit dat die liedjie se woorde

gepas is vir die huidige lewenspad waarop ek tans in my huwelik is,” het sy bygevoeg.

Shoneill het vertel sy glo in die liefde en dat daar nog baie mense is wat nogsteeds gelukkig is. “Ek glo Wakker Raak is ’n liedjie wat baie mense aan hul lewensmaats kan opdra,” het sy gesê. “Op die ou einde is liefde al wat saak maak.”

Volgens haar hoop sy dat elke luisteraar nostalgies sal raak oor waar hulle hulself ook bevind.

“Ek wil mense aanraak deur my musiek. Soos wat gebeur het toe ’n dame een aand vir my kom vertel het dat een van my liedjies haar laat besluit het om nie van haar man te skei nie,” het sy vertel.

Musiek is reeds vanaf ’n jong ouderdom een van Shoneill se groot liefdes en haar Ma en Ouma

het gereeld gesing terwyl haar Opua mondfluitjie en kitaar gespeel het.

Sy is reeds twaalf jaar in die musiekindustrie en het al verskeie enkelsnitte vrygestel.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.