FOTO: Verskaf
Dirk het dit goed gedink om ’n woord te skep wat geen betekenis in enige taal het nie en dit dieselfde betekenis te gee vir almal.
“Zoepa is ’n woord wat ek wil hê vrede en samekoms moet teenwoordig. Iets wat mense van alle kulture kan leer en saam sê,” verduidelik Dirk oor dié skepsel.
Benewens die groter prentjie van vrede tussen almal, is hierdie liedjie ook veronderstel om ons almal opgewonde te maak oor die terugkeer na ’n normale wêreld waar ons saam kan braai en dans.
Ons ervaar tans meer vryheid met die opheffing van inperking regulasies. Mense sit al maande lank in hul huise sonder byeenkomste, maar die tyd is nou amper weer hier om bymekaar te kom en die lewe te vier.
Stof solank jou dans skoene af, want hier kom ’n samesyn wat die land gaan verstom!
Die liedjie is vervaardig deur Dirk van der Westhuizen en Ferdinand Skead en uitgereik deur Select Musiek.
- Zoepa is nou op digitale musiekplatforms beskikbaar.