Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

DHF stel nuwe enkelsnit, album bekend; hou eersdaags konsert by die ‘Fort’

Redaksiespan16 Oktober 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Andre Badenhorst

Op Die Heuwels Fantasties se agste ateljee album, Volume, sien ’n mens hoe hierdie konstante innoverende groep, hulle negentigs invloede in die huidige digitale- stroom- era inspan. 

Volume, wat op Vrydag 22 Oktober uitgereik word, spog met ’n eklektiese mengsel van akoestiese treffers, pop-punk, synth-ballades en so ’n bietjie electro-folk vir ’n uitsonderlike audio umami. 

Hunter Kennedy vertel dat hy uit sy nate is oor die uitreiking van die nuwe album: “Dit is ons derde een sedert die pestilensie en ek dink dit het in ons guns getel om geolie te bly. Pierre het ’n great job gedoen met die skryf van Eggo en die samewerking met Spoegwolf het dit natuurlik tot ’n volgende vlak geneem. Ek hou ook baie van Werk Vir ’n Lewe se energie. Ons het dit ontgun daar waar Blink-182 die wortels begrawe het. Ek sou sê die album as geheel is ’n kombinasie tussen die volwassenheid van Herverbeel en die dringendheid van 2021. Volume II is ook al amper klaar en dit maak my nog meer opgewonde. Ons het baie nuwe musiek om te deel!”

Fred den Hartog voeg by: “Met Volume het ons die saksofoon, kitaar, klavier, perkussie en stemme op ’n ander manier benader. Ons het alles stuk-stuk opgeneem om uiteindelik by ’n plek te kom wat vars, uniek en steeds ‘Heuwels’ is, as dit sin maak. Ek hoop almal hoor en voel ons deur hierdie paar songs te luister.”

Die eerste enkelsnit vanaf die nuwe album Eggo is ’n karige ballade vir onseker tye. Die subtiele klavier en tjello skep asemhalingsruimte vir Pierre (Die Heuwels Fantasties) en Danie (Spoegwolf) om hul aparte kwesbaarhede te emotiveer. Die lied se crescendo is ’n katarsiese samekoms van twee generasies van alternatiewe Afrikaner. Eggo is reeds vanaf 15 Oktober op alle digitale platforms beskikbaar.

Snitte op die album:

Hoor Jy My

Werk Vir ‘n Lewe

Eggo – met Spoegwolf

Okay, fine

Hardloop Weg 2.0

Days Are Dark

Goeiemore Suid Afrika 

Bellville

VOLUME BY DIE FORT

  • Die Heuwels Fantasties, Early B, Coenie de Villiers en Refentse.
  • Sondag, 31 Oktober by Fort Schanskop by die Voortrekker Monument.

Die Heuwels Fantasties stel die Volume album met behulp van hul vriende Early B, Coenie De Villiers en Refentse bekend! In samewerking met Jack Daniels en Marras. Pierre Greeff sê: “Ek kan nie wag om saam met ons tjommies weer iets in Pretoria te doen op ’n skaal wat ons nie kon in 500 dae nie. Volume by die Fort om Volume die wêreld in te stuur!”

10:00 Hekke maak oop

11:00 Boek Klub

12:15 Refentse

13:30 Coenie de Villiers

14:45 Early B

16:00 Die Heuwels Fantasties

Pak ’n piekniek mandjie en kom kuier saam, gaste is welkom om ’n sambreel, kampstoel of kombers te bring. Geen eie alkohol, daar is ’n kroeg en kosstalletjies op die perseel. Vir meer inligting en kaartjies besoek die Facebook-event of gaan na http://www.bydiefort.co.za. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.