FOTO: Verskaf
Hy het sosiale media laat gons na sy besoek aan Jacaranda FM en Bok Radio en sy weergawe van Brandi Carlile se The Story is ’n weghol sukses. Met meer as 500 000 trefslae op YouTube en die einste Brandi wat self kommentaar op dié video op TikTok en Instagram gelewer het is Wikus Botma gereed om sy eie paadjie in die musiekbedryf uit te kerf…
Wikus het pas ’n ooreenkoms met Sony Music Africa Entertainment en Kosie van Niekerk van Platinum Musiek gesluit en reik vandag onder hierdie vaandel sy eerste enkelsnit Brannewynlippe uit.
Hierdie nommertjie beloof om die grootste treffer van die somer te wees en sonder twyfel by enige partytjie kop uit te steek. “Dit is ’n produksie van hoë gehalte wat saamval met ’n opvallende koor en eienaardige tema wat die perfekte kombinasies is vir ’n uitklop hou,” verduidelik Wikus.
“Wikus weet beslis hoe om ’n verklaring te maak met sy debuut en unieke rasper-stem,” vertel Hendrik Spangenberg, bemarkingspesialis van Select Musiek.
“Oud en jonk sal versot raak en die dansvloer verlig wanneer Brannewynlippe begin speel. ’n Treffer wat heel bo aan jou speellys moet wees.”
Kyk die musiekvideo hier:
