Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Jako Meyer stel nuwe enkelsnit vanaf tweede album bekend

Redaksiespan14 Oktober 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Oktober 2021 sien die vrystelling van ’n nuwe enkelsnit vanaf Jako Meyer, getiteld My Hande. My Hande is die tweede enkelsnit vanaf sy tweede album, Dagbreek Doolhof wat later vanjaar vrygestel sal word. Die eerste enkelsnit, Ek Vier Jou, Ek Groet Jou is in Julie vanjaar vrygestel.

My Hande is in Augustus 2021 geskryf nadat Jako ’n behoefte gehad het om iets te skryf oor die konsep van verganklikheid gekombineerd met kwesbaarheid; wanneer iets jou hande verlaat en jy as mens oor ’n tydperk daarmee moet vrede maak.

“My Hande handel oor om as mens kwesbaar en broos te wees. Ons is baie keer alleen op daardie skip op die waters, en dis heeltemal fine.” 

Effe anders as Jako Meyer se gewone rock ’n roll geïnspireerde snitte, kan aanhangers uitsien na ’n meer sielvolle, rustige aanbieding gevul met rou emosie. Met ’n koor wat tot in jou siel sny, is My Hande ’n liriek-gedrewe, sterk melodie waar die musiek en lirieke mekaar komplimenteer en wat luisteraars op ’n reis neem na hul diepste, donkerste kamers.

“Alles is verganklik en niks bly ooit dieselfde nie. Tog verbeel ons onsself dat ons onbreekbaar is. As jou hande iemand of iets al moes laat gaan, sal jy hiermee kan identifiseer.”

  • Luister My Hande hier.
  • Jako Meyer se tweede solo album, Dagbreek Doolhof, sal later vanjaar vrygestel word.
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.