FOTO: Verskaf
Die wag is uiteindelik verby! Nadat Boer Soek ’n Vrou se Richann en René die land op horings geneem het as die musiekgroep Reën en hul eerste enkelsnit Vrystaat Vlaktes, is hulle terug met nuwe musiek.
Vrystaat Vlaktes boer steeds in die top-10 van stromingsdienste se trefferlyste – en daar word dieselfde vir die nuwe snit voorspel.
In teenstelling met die groep se naam is die volgende snit Stof, pas uitgereik. Dié enkelsnit behou daardie vrolike klank waarop duisende Suid-Afrikaners verlief geraak het en stel verseker nie teleur.
Alhoewel die groep se romanse nie uitgewerk het nie, het hul liefde vir musiek steeds geseëvier. En nou sal dit die eerste keer wees wat ons nuwe musiek van dié groep hoor nadat die spreekwoordelike stof gaan lê het.
