Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Opwindende nuwe Afrikaanse kragballade vir rocker, Marcel Dalmayda

Redaksiespan7 Oktober 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Oor die afgelope agt jaar, het Marcel Dalmayda sinoniem geword met plaaslike rockmusiek. Dit is daarom geen verrassing dat sy nuutste enkelsnit, Dis Hoe Sy Dans, hulde bring aan hierdie einste genre waarvoor hy so lief is nie.

“Dis ’n rock-liedjie oor hoe musiek jou laat voel,” verduidelik hy. “Ek het dit oorspronklik vir iemand anders se projek geskryf, maar later besluit om dit vir myself te herskryf. Dit is ’n goedvoel-snit waarby almal sal aanklank vind.”

Hierdie kragballade is vervaardig deur Vonk Musiek se Tertius Human en word gekomplementeer deur ’n outydse styl rock-musiekvideo, wat op die dak van Blueberry Hill Hotel in Honeydew geskiet is.

“Ons het ’n aandvideo van die band wat op die dak van ’n gebou optree, met die stadsliggies in die agtergrond, beplan. Dit is deur Wian van der Walt verfilm en ek het elke oomblik van die proses geniet,” deel hy.

Kyk die musiekvideo hier:  

Dis Hoe Sy Dans is die kunstenaar se derde enkelsnit en volg in die voetspore van sy eerste Afrikaanse vrystelling, Bly Bietjie Langer, wat uitstekend ontvang is en steeds oor radiostasies landswyd gehoor kan word.

Marcel is reeds vanaf 2013 professioneel in die musiekbedryf doenig, maar het eintlik in die kleuterskool sy debuut op die verhoog gemaak toe hy vyf was.

Dié Pretorianer spog met ’n indrukwekkende lys loopbaanhoogtepunte, waaronder sy blinde oudisie op en deelname aan The Voice SA in 2016, verskynings op Noot vir Noot en Musiek Roulette en vele meer.

Musiek was nog altyd deel van hierdie sewe-en-twintig-jarige kunstenaar se lewe en hy is mal oor rockgroepe en -musikante soos Bon Jovi, Guns N Roses, Aerosmith, Billy Idol, Queen, Def Leppard, AC/DC en Mötley Crüe, wat almal ’n invloed gehad het op sy eie styl. Hy erken ook dat sy eie lewenservaringe en verhoudinge die grootste inspirasie is agter sy lirieke.

As hy ’n ander loopbaan moes kies, sou hy beslis ’n spioen wou wees, maar hy is baie tevrede met sy lewe soos wat dit is en geniet dit ook om ’n pa te wees.

Vir hom was die Covid-19 pandemie sover die grootste uitdaging van sy loopbaan. Hy sien egter uit daarna om weer te begin optree en ander besigheidsgeleenthede te ondersoek in die toekoms.

Met ’n liedjie soos Dis Hoe Sy Dans, is sy doelwit om homself plaaslik en internasionaal as ’n rockmusikant te bewys, beslis binne sy bereik!

  • Die liedjie is nou op alle digitale platforms beskikbaar.  Laai dit hier af.
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.