Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Bee-Bee die By sing oor ‘Buffel en Bobbejaan’

Redaksiespan7 Oktober 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Bee-Bee die By het pas haar tweede enkelsnit Buffel en Bobbejaan vanaf haar gelyknamige vollengte album vrygestel.

Dié  unieke, mollige bytjie, wat deur die Heuning-sangeres Jeanette Pretorius, vergestalt word is amper-stamper net so gewild soos Carike Keuzenkamp se Ghoempie en Ghoeghoe.

Bee-Bee die By, wat sowat agt jaar oud is, het vroeër vanjaar haar toetrede tot die kindermark gemaak en haar eerste liedjie Bee-Bee die By waarin sy haarself aan die kleingoed bekendgestel het, het die kinders in suikersoet ekstase gehad.

Die karaktertjie verduidelik op ’n prettige wyse vir kinders konsepte soos kleure en vorms, en natuurlik deel sy ook haar liefde vir ander diere met die kinders. “Ek is lief vir alle diere, want diere speel so ’n belangrike rol in die natuur,” heuning Bee-Bee. 

En maak jouself maar reg; Buffel en Bobbejaan is net so prettig soos ’n mallemeule-rit by Gold Reef City.

Die liedjie handel dié keer oor diere – en natuurlik is die ou buffel (wat deel vorm van Suid-Afrika se groot 5) en die lastige bobbejaan (kampeerders is natuurlik bewus van die bobbejaan[streke]) die hoofkarakters in die liedjie. “Die buffel en bobbejaan is net sulke lekker karakters,” sê Jeanette, wat ook al Bee-Bee se liedjies self skryf. 

Net soos die vorige Bee-Bee-liedjie is  Buffel en Bobbejaan nie net ’n jolige saamsing-liedjie nie, maar speel dit ook ’n opvoedkundige rol. Die kinders word geleer van die diere in die wildtuin en die ekologiese rol wat die bobbejaan en die buffel ook in die natuur speel.  

Buffel en Bobbejaan het in tipiese Bee-Bee-styl ’n polsende ritme en maklike woorde wat ’n kleinding sommer vinnig sal snap. Die b allitereer ook té heerlik op die tong… “Ek het heel toevallig die B-klanke gekies. Dit is maklike klanke en kinders onthou dit,” sê Jeanette. 

Bee-Bee se liedjies – dus ook Buffel en Bobbejaan – is pasknap vir Jeanette se stem. Sy is net een van dáárdie sangeresse wat met gemak tussen die verskillende note kan dans. Wat Jeanette se liedjies ook uniek maak is die feit dat haar dogtertjie, Megan, se soetstemmetjie ingespan het. Dus hoor kinders nie net “die tannie-se-stem” nie, maar ook “maatjies se stemme” waarmee hulle dadelik kan vereenselwig. 

Jeanette het die Bee-Bee-karakter gedurende die vlak 5-grendeltydperk geskep. Sy het vroeër gesê dat sy haar dogtertjie met huiswerk moes help en het besef dat daar ’n leemte in die opvoedkundige musiekmark is.  En voordat jy nog bytjie kon sê, is Bee-Bee reeds in Jeanette se kreatiewe verbeelding gebore. 

Sy het toe al reeds ’n hele paar liedjies vir Bee-Bee geskryf, maar het die kindermark met Bee-Bee die By getoets. Sy het die toets met ’n onderskeiding geslaag. 

Bee-Bee die By tree gereeld by kleuterskole op en haar program is al bykans net so vol soos ’n kalbas vol heuning.  Buffel en Bobbejaan is net een van die liedjies op die album. Ander liedjies sluit in Goeie maniere, Hier op die plaas, My lyfie, Die tandeborsel liedjie, Vorms, Seisoene, Gehoorsaamheid en Kleure van die reënboog. Die vollengte album, waarop daar tien kinderliedjies verskyn,  is nou aanlyn beskikbaar. 

  • Luister die liedjie op enige digitale musiekplatform van jou keuse. 
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.