Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Kate Rok sing ’n liefdeslied vir die natuur

Redaksiespan4 Oktober 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Kate Rok, Clarens se donkerkopster met haar kenmerkende Voortrekkerkappie, het op 1 Julie vanjaar (op haar verjaardag,) musiekliefhebbers in vervoering gehad met ’n hoendervleismooi-enkelsnit, Maangenade, wat gereeld deur groot radiostasie regoor die land gespeel word.

Sedertdien het sy op die eerste dag van elke maand ’n nuwe enkelsnit en musiekvideo digitaal uitgereik.  1 Augustus was die Afrika Reën en op 1 September het Verlate gevolg.

Nóú is sy terug met haar volgende radio-enkelsnit, Wilgerlied, wat beloof om groot sukses op radiostasies te behaal en heel moontlik die sukses en verwondering van die vorige lied te oortref.

Hierdie alternatiewe snit, uit haar eie pen, daaroor dat die mens die natuur geniet, maar nie behoorlik daarna omsien nie. “Die natuur is my asem en waaruit ek my inspirasie put. Dit laat my skatryk voel en maak my vry, daarom is ek hartseer oor wat ons, as mens, aan die aarde doen,” deel Kate. “Hierdie lied gee my hoop dat die mensdom eendag sal besef hoe nietig ons is en dat ons agtergelaat sal word as ons nie na die natuur begin omsien nie.”

In hierdie besonderse lied, neem pragtige klank, lirieke en harmonieë die luisteraar op reis om saam met haar opnuut verlief te raak op die skepping rondom hulle. “Ek wil graag mense se harte raak en hê dat my musiek hulle gelukkig moet maak en inspireer,” sê sy.

Die musiekvideo, wat op haar pa se gasteplaas – Madeira – verfilm is, kan beskryf word as visuele kuns wat versier is met die mooiste natuurtonele. “Mooi natuurskote, waar ek op ’n berg die krag van die Skepper ervaar en my nietigheid besef, staan in sterk kontras met beelde van ’n vullishoop, wat die mens se invloed op die natuur simboliseer,” verduidelik die musikant. 

“Die boodskap is om die natuur lief te hê, te waardeer en op te pas. Dit is hoekom Madeira, wat gesetel is in die hoogste berge teen die Golden Gate Nasionalepark, die perfekte plek was om die video te skiet. Daar is nie elektrisiteit of selfoonopvangs nie, die stilte is amper soos ’n gedruis in jou ore en jy is nader aan die sterre as wat jy nog ooit ervaar het.”

Dawid Raath van Peach Tree Productions het die video verfilm en geredigeer, terwyl haar akteur-vriendin, Adelheid Broom, die regie behartig het. Die stilering is deur Christel Steyn gedoen, en Shirley Keyser en Hayley Nel het gesorg dat sy op haar beste lyk in elke skoot.

Kyk die musiekvideo hier: 

Kate Rok het baie planne vir die toekoms en haar musiek gaan verseker ’n blywende impak op die samelewing hêen van die land ’n beter plek maak.

  • Wilgerlied is nou aanlyn beskikbaar. Laai dit hier af op Apple Music of hier op Spotify.  

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.