Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Posduif se nuwe enkelsnit vier die geskenk van vriendskap

Redaksiespan1 Oktober 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Posduif het nou maar een maal die unieke gawe om hulle gedagtes en gevoelens op ’n manier weer te gee, wat so lekker is om na te luister, dat almal daarby aanklank vind. Hulle nuutste enkelsnit, Niks Vergelyk, is geen uitsondering nie. In tipiese Posduif-styl, kry hierdie liedjie dit reg om iets te vier wat baie van ons as vanselfsprekend aanvaar – vriendskap! 

Hierdie enkelsnit, uit die pen van hoofsanger James Boland en kitaarspeler Nick Jordaan, is ’n lekker saamsing-liedjie. Maar, net soos die res van hulle arsenaal, is dit nie net daarop gemik om mense op hulle voete te kry nie en het dit ook ’n dieper betekenis.

“Ons almal het ’n goeie vriend of vriende wat uniek is en hulle eie manier het om goed te doen; ’n vriend wat pret is en saam met wie jy kan groot kuier en lag. Hierdie liedjie gaan oor daai vriend,” sê James. “Maar dit gaan ook daaroor om te besef dat die lewe nie altyd net een groot partytjie is nie en dat selfs die gelukkigste mense soms hartseer ervaar. Dit is wanneer vriende mekaar die meeste nodig het. In die geheel, gaan dit daaroor om dankbaar te wees vir vriendskap.”

Die liedjie, verduidelik Boland, is geïnspireer deur ’n vriend wat besig was om deur ’n moeilike tyd te gaan en nodig gehad het om te weet dat hulle daar is om hom te ondersteun. “Ons het almal iemand in ons lewe vir wie ons wil dankie sê vir hulle vriendskap; iemand vir wie ons wil sê: ‘Ek is hier vir jou’.”

In ware Posduif-tradisie, word die liedjie ook gekomplementeer deur ’n opwindende musiekvideo wat deur die SAMA-benoemde vervaardiger, Kyle White, vervaardig en verfilm is by Soirée in Sunninghill. Omdat die liedjie ’n tagtigs-aanslag het, het hulle besluit op ’n prettige verhoogoptrede-konsep. “Kyle het ons eerste video opgeneem en ons het oor die jare vriende geword wat dit geniet om saam te werk. Omdat dit ’n lighartige video is, wat die tagtigs uitbeeld, is dit nogal ’n ervaring wat beloof om kykers te laat glimlag,” verduidelik Jordaan.

“Die musiekvideo vertel nie ’n storie nie. Dit speel af op die verhoog en die manne geniet hulleself gate uit,” sê Kyle. “Ek ken die groep al lank en geniet dit om saam met hulle te werk. Hulle is passievol oor wat hulle doen en ’n mens kan dit hoor in hulle musiek.”

Baskitaarspeler, Amiel Gopal voeg by dat hy dink mense sal aanklank vind by die video, omdat dit die prettige herinneringe van ware vriendskap versinnebeeld. “Ek dink dis meer interaktief en baie pret om na te kyk omdat dit kykers ’n idee gee van hoe ons lewendige optredes is.”

“Ons wou ’n video skep wat outentiek en vintage lyk… en nie goedkoop nie. Alles is baie mooi deurdink, van die danspassies tot die kleredrag, al het ons nie noodwendig ‘cool’ keuses gemaak nie,” bevestig vervaardiger en kitaarspeler, Brendan Campbell.

Kyk die musiekvideo hier: 

Niks Vergelyk is die titelsnit van hulle opkomende album en volg in die voetspore van die emosiebelaaide treffer, Herinner My, wat uitstekend ontvang is en op die treffersparades van verskeie radiostasies landswyd gekuier het.

Posduif het beplan om hulle debuut-album verlede jaar vry te stel, maar die pandemie en inperkingsmaatreëls het hierdie planne in die wiele gery. Soos altyd het hulle dit reggekry om iets positief daarvan te maak en ’n album saamgestel waarop hulle regtig trots is.

Niks Vergelyk, wat op 28 Oktober uiteindelik bekendgestel word, beloof om eie te wees aan Posduif se klank en sal iets hê om elke oor tevrede te stel. “Elke liedjie wat ons ingesluit het, is vol en interessant en vertel stories waarmee luisteraars kan vereenselwig.”

Om hulle debuut-album behoorlik te vier en bekend te stel, sal die groep twee spesiale optredes doen. Die eerste een is op 28 Oktober by Heroes in die Kaap (Cape Gate-dekorsentrum, Nitida Avenue, Brackenfell) om 19:30, en die tweede sal by Daisy Jones Bar (Summerhill Wines, Stellenbosch) plaas vind op 31 Oktober 2021 vanaf 17:00.

  • Vir die optrede by Heroes bespreek hier.
  • Vir die optrede by Daisy Jones Bar bespreek hier.

 

Posduif is in 2018 gestig en bestaan uit Boland, Jordaan, Gopal, Campbell en nuweling, Nick McCreadie, op die dromme.

Niks Vergelyk (die enkelsnit) is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Laai dit hier af.

Om aanhangers te bederf en regtig lus te maak vir die album het hulle nog ’n snit beskikbaar gemaak voor die album bekendstel getiteld. Die Braai Song – Laai dit hier af.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.