Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Bouwer Bosch en Ruan Jordaan besing ware liefde in nuwe duet

Redaksiespan1 Oktober 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

In ’n splinternuwe duet wat pas saam met ’n musiekvideo vrygestel is, sing Bouwer Bosch en Ruan Jordaan oor die liefde en daardie oomblik waneer jy die regte persoon ontmoet. Meer as Gereed is deur dié twee sangers geskryf en die produksie is deur Deon Dee en Ruan Graaff behartig. 

Dié ballade met sy rock-aanslag sal aanklank by almal vind wat al verliefdheid – én ’n gebroke hart – ervaar het.

“Liefde is in baie opsigte vir my bipolêr en Meer as Gereed som dit vir my op,” het Bosch vertel. 

Volgens Bosch is dit vir hom altyd ’n voorreg om saam met nuwe kunstenaars te werk en doen hy dit juis om vir opkomende kunstenaars geleenthede te skep. 

“Ruan is ’n ongelooflike skrywer en ek wou nog altyd saam met hom skryf. Mens weet nooit wat jy gaan skryf of hoe dinge gaan uitdraai nie, en dít is juis wat dit wat vir my so lekker aan dié proses is,” het hy vertel.  

“Ek het vir ’n lang tyd die begeerte gehad om met ’n kunstenaar soos Bouwer Bosch te werk. Die lied is ook gebore uit persoonlike ervaring van my kant af.  Ek glo dat geen mens alleen wil wees nie, en dat elke persoon daardie spesiale geluk moet ervaar in hul lewens. Dit was ‘n onderwerp wat ek glo relevant was in beide my en Bouwer se harte.  Die inspirasie het gevloei en die lied was gebore,” het Jordaan vertel. 

Volgens Bouwer wil hy ook graag hê mense moet nuwe herinneringe maak met die enkelsnit.

Die musiekvideo het nie ’n gekompliseerde storielyn nie want altwee wou eerder die fokus op die lied self plaas.

“Minder is altyd meer,” het Bouwer bygevoeg.

Bouwer is reeds 15 jaar in die musiekbedryf en het as kind aan die slaap geraak wanneer musiek op sy hardste was.  

“Ek kon verdrink in die klanke so ek het nog altyd ’n liefde vir musiek gehad,” het hy vertel. 

Ruan het weer vertel dat hy vir musiek lewe. 

“Dit was nog altyd die één ding waarsonder ek nie kan klaarkom nie. Ek het as klein seuntjie van ses jaar oud begin optree en sing toe my ouers ontdek het dat ek n sangtalent het. My Ma het toe begin het om my afrigting te gee. Van toe af het ek nog nie ‘n dag in my lewe nie gesing tot nou nie,” het hy vertel. 

Volgens Jordaan put hy sy inspirasie vanuit persoonlike ervarings en emosies. 

“Ek het vir n lang tyd hartseer musiek geskryf wat handel rondom gebroke verhoudings en liefde wat seer maak, omdat ek self al baie deur daardie situasies moes gaan. Ek is nou op ’n punt in my lewe waar ek liefde en geluk in my binneste ervaar omdat ek die vrou van my drome gevind het,” het hy vertel. 

Jordaan is ook onlangs as wenner aangewys in William Wolf se talentkompetisie, Droomdag. 

Bouwer het ook pas klaar verfilm aan sy nuwe televisiereeks vir VIA. My Berge Met Bouwer is 13 episodes waarin Bouwer gesprekke met invloedrykes voer oor die persoonlike berge in hul lewens. Hy gaan ry ook 13 van die land se mooiste bergpasse in Suid-Afrika uit. Dit begin op Dinsdag, 19 Oktober. 

Meer as Gereed is nou beskikbaar op alle digitale stromingsdienste.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.